MTN moet miljarde opdok in Nigerië

Argieffoto

Argieffoto

Die Nigeriese Kommunikasiekommissie het ʼn boete van US$5.2 miljard aan MTN in Nigerië uitgereik.

MTN het versuim om 5.1 miljoen ongeregistreerde intekenare te ontkoppel.

“Die boete hou verband met die tydsberekening van 5.1 miljoen MTN-intekenare in Nigerië wat in Augustus en September 2015 ontkoppel is en word beraam op ʼn boete van 200 000 naira vir elke ongeregistreerde intekenaar,” het Afrika se grootste selfoondiensverskaffer gesê.

MTN het nie klante met ongeregistreerde SIM-kaarte vroegtydig ontkoppel nie. Die kommissie het bepaal dat die maatskappy selfone moes ontkoppel wat nog nie teen sy Augustus-sperdatum geregistreer is nie.

“Die maatskappy is tans in gesprek met die kommissie om die saak op te los met erkenning aan die omstandighede rondom die betrokke intekenare,” lui die verklaring. “Ons sal ons aandeelhouers op hoogte hou.”

AP berig MTN se aandele het Maandagmiddag met 14% op die Johannesburgse effektebeurs gedaal nadat dié nuus bekend gemaak is.

Chris Maroleng, woordvoerder vir MTN, was nie dadelik vir kommentaar beskikbaar nie.

Die $5.2 miljard is gelykstaande aan minstens twee gemiddelde jare wins vir MTN Nigerië.

Volgens die maatskappy het hy ongeveer 62 miljoen klante in Nigerië. Daar woon ongeveer 170 miljoen mense in dié land.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Winston ·

Seker geen probleem vir MTN nie. Bly hulle moet n slag betaal.

derek ·

Ja kry vir julle….met al die wins wat hulle maak hier in SA sal hulle dit maklik kan betaal.

Piet Pompies ·

Werknemer op die vloer maak ‘n fout. word afgedank met minimum voordele soos deur aarbeidswet voorgeskryf. Direkteur maak fout (soos in berig en VW se diesel sage), hy bedank self, kry ‘n goue handruk vir ‘n geruste aftrede, oorblywende werkers word gepenaliseer met minimum salaris verhogings vir ‘n klomp jare en die verbruiker betaal vir die res.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.