MTN skik buite die hof oor Nigerië-boete

Argieffoto

Argieffoto

MTN het Vrydag gesê die maatskappy is ʼn lewenslyn aangebied toe Nigeriese owerhede bepaal het dat ʼn boete van $3,9 miljard buite die hof geskik mag word.

Die saak tussen MTN en die Nigeriese Kommunikasiekommissie (NCC) is Vrydagoggend in die federale hooggeregshof in Lagos aangehoor. Die telekommunikasiereus het in ʼn verklaring ná die verhoor gesê die regter het die saak tot 18 Maart uitgestel om die partye die kans te bied om te skik.

Volgens Wole Olanipekun, wat MTN se regspan gelei het, het aan regter Mohammed Idris gesê sy kliënt het gekies om buite die hof te skik, het Technology Times in Nigerië berig.

Chris Maroleng, woordvoerder van MTN, was egter nie dadelik beskikbaar om dit te bevestig nie, aangesien sy telefoon onbeantwoord gebly het.

“Indien die partye nie ʼn ooreenkoms kan bereik nie, sal die saak op 18 Maart hervat,” het MTN gesê.

Die NCC het MTN met $5,2 miljard beboet nadat hulle versuim het om 5 miljoen intekenare se kontrakte te kanselleer toe hulle nie volgens die wet behoorlik geregistreer was nie. Die boete is tot $3,9 miljard verminder, maar MTN het die boete in die hof gedaag.

Die maatskappy is van mening dat die grootte van die boete en die manier hoe dit opgelê is, is nie in ooreenstemming met die kommissie se magte onder die Nigeriese Kommunikasiewet nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Berhalet Beukes ·

MTN teem oor verlies aan inkomste a.g.v Whatsapp en wil hê die Suid-Afrikaanse regering moet dit reguleer terselfdertyd is dit al die hoeveelste keer wat hulle of skik of beboet word en en en… Dis WEEREENS bitter baie geld wat hulle in die water smyt!

Dolla ·

Ek wonder hoeveel mense gaan nou weer afgelê word weens hulle onbevoegdheid!! Dit is om van naar te word as mens sien hoeveel geld hulle so mors!??Die bestuur moet dalk vervang word met nuwe bestuurslede!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.