Mueller-verslag oor Trump binnekort vrygestel

Die Withuis (Foto: AP Photo/Andrew Harnik)

Die spesiale ondersoeker Robert Mueller het 10 gevalle van moontlike inmenging tydens Amerikaanse pres. Donald Trump se verkiesingsveldtog ondersoek, het prokureur-generaal William Barr Donderdag gesê.

Alhoewel Rusland duidelik wou inmeng by die 2016-verkiesing, het Trump se veldtog nie saamgewerk nie en Barr hou vol die president is nie skuldig aan enige oortreding nie.

Die geredigeerde verslag sal na verwagting later Donderdag vrygestel word.

Barr het bepaal “die bewyse is nie voldoende om te bepaal of die president ʼn dwarsboming-van-die-gereg-misdaad gepleeg het nie”.

Die verslag is gebaseer op ʼn 22 maande lange ondersoek deur Mueller, die voormalige direkteur van die FBI.

Barr het gesê hy sal ʼn weergawe van die verslag beskikbaar maak aan ʼn groep leiers van verskeie kongres-komitees om kritiek te verhoed van Demokrate wat versoek het dat die volledige verslag openbaar gemaak moet word.

Trump het Donderdagoggend meer as 10 plasings op Twitter gedeel wat met die Mueller-verslag verband hou. Hy het die ondersoek veroordeel as die “Greatest Political Hoax of all time!” Hy het sy opposisie in die Demokratiese Party, insluitend Hillary Clinton, daarvan beskuldig dat hulle ongespesifiseerde misdade gepleeg het en gesê wetstoepassers was ook betrokke. “PRESIDENTIAL HARASSMENT!” het Trump geskryf.

Mueller is in 2017 aangestel om enige inmenging te ondersoek. Dit het tot verskeie aanklagte gelei, insluitend teen Russiese burgers en verskeie voormalige lede van Trump se veldtog, insluitend sy veldtogbestuurder en prokureur. Geen Amerikaanse burger is aangekla van enige samewerking met Rusland nie.

Barr het verlede maand ʼn vier bladsy lange opsomming van die verslag vrygestel waarin hy gesê het Mueller kon nie enige samespanning met Rusland opspoor nie.

Demokrate is egter ontevrede oor die manier hoe Barr die verslag hanteer het, en hou vol hy probeer Mueller se gevolgtrekkings manipuleer om Trump te beskerm. Die party eis om die volledige verslag te sien.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Gert ·

Ten minste seëvier de waarheid nog n die VSA, lankal nie meer by ons nie.

PJC ·

Die Demokrate kon nie hul sin kry by die stembus nie nou probeer hulle met allerlei skelmstreke om te kry wat hulle nie by die stembus kon vermag nie. Daar is net geen end aan al die dinge wat hulle al probeer het nie. ń Party wat so optree moet defnitief een of ander duistere agenda hê anders sou hulle hul beurt afwag tot ń volgende verkiesing maar duidelik is hulle baie desperaat om die mag te bekom.

Neels ·

Daar is nou een president wat alles doen vir die beswil van sy land en sy mense, maar die linkses kan nie tevrede daarmee wees nie.
Ek wens president Trump alles van die beste toe vir nog ‘n termyn in die presidensiële stoel.
Mag elke Demoktaat sy tong insluk in die proses.

Hannes ·

President Trump is die beste. Daar is min ander leiers met soveel uistaande talente. Hulle kan gerus sy voorbeeld volg om die wêreld ‘n beter plek te maak.

elna ·

Hoekom is Maroela altyd agter die tyd? Die verslag is al gister vrygestel, nou kom julle steeds met “Muellerverslag binnekort vrygestel”.

Allan ·

@ANA, hoe weet jy “Rusland” het/wou “duidelik” ingemeng????????

Hou net op met julle propaganda en lewer NET FEITE, ons sal SELF besluit wat ons wil aanvaar as die waarheid

Annie Webb ·

Dankie vir dié redelik gebalanseerde weergawe, Maroela. Rusland meng altyd in Amerikaanse verkiesings in, bloot om die VSA te destabiliseer. Almal weet dit eintlik, die Dems het dit net probeer gebruik vir eie gewin. Selfs met dié blok aan sy been het Trump meer vermag as meeste vorige presidente. Mens kan net hoop die AG en IG is sterk en onafhanklik genoeg om nou die ware kriminele ágter die heksejag, wat begin het die oomblik toe Trumpi sy veldtog begin het, aan die kaak te stel. Dit sluit blykbaar gróót name in. Tyd sal leer.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.