Mugabe gaan glo binnekort mag oorgee

Robert Mugabe, president van Zimbabwe (Foto: AP Photo/Tsvangirayi Mukwazhi)

Daar is Donderdagmiddag berig dat Robert Mugabe, Zimbabwe se president, na verwagting binnekort sy mag aan sy voormalige adjunk, Emmerson Mnangagwa, sal oorgee.

Zimbabwe se Financial Gazette het berig Mnangagwa, wat verlede week deur Mugabe in die pad gesteek is, beplan vermoedelik ʼn oorgangsregering wat die opposisie sal insluit. Volgens die berig sal Mnangagwa die oorgangsregering saamstel wat na verwagting vir vyf jaar sal regeer, voordat die land ʼn verkiesing sal hou, het hooggeplaaste bronne gesê.

Mnangagwa se mandaat, volgens die militêre plan, sal insluit om die oppergesag van die wet te herstel en die land se wankelende ekonomie te stabiliseer.

Intelligensieverslae voer aan dat Mnangagwa, ook ʼn voormalige minister van nasionale veiligheid, al langer as ʼn jaar saam met die weermag beplan aan ʼn post-Mugabe-regering. Bespiegeling dat hierdie plan reeds in werking gestel is, is verder gedryf deur die opposisieleier Morgan Tsvangirai se terugkeer na Harare. Tsvangirai het kankerbehandeling in Brittanje en Suid-Afrika ondergaan.

Die inligting kom ná vorige berigte dat Mugabe, ondanks bemiddeling deur ʼn Katolieke priester om die 93-jarige staatshoof te help om met grasie sy amp te verlaat, steeds volhou hy moet aanbly as die land se enigste ware leier. Die priester, Fidelis Mukonori, het opgetree as middelman tussen Mugabe en die generaals, wat vandeesweek die mag oorgeneem het in ʼn operasie wat hulle gesê het die “misdadigers” in Mugabe se gevolg teiken.

Die bron wou of kon egter nie meer besonderhede gee oor die gesprekke rakende die geweldvrye oorgang na ʼn nuwe regering as Mugabe eers weg is nie.

Constantino Chiwenga, die bevelvoerder van die Zimbabwiese weermag en persoon wat glo die baasbrein agter die militêre oorname is, het verskeie eise aan Mugabe gestel, wat hy tot dusver geweier het voor hy na bewering van plan verander het.

Mugabe het na berig word, glo geëis dat daar rekenskap gegee word van al sy vrou, Grace, se bondgenote nadat ʼn aantal senior ministers in hegtenis geneem is as deel van die sogenaamde “staatsgreep” in die land. Dit is steeds nie bekend waar Grace haar werklik in dié stadium bevind nie.

Daar is voorheen gevrees dat ʼn dooiepunt in die gesprekke daartoe kan lei dat die weermag ʼn noodtoestand afkondig, wat die generaals in ʼn onbenydenswaardige posisie sal plaas waar hulle uiteindelik nie meer kan beweer dat daar nie ʼn staatsgreep plaasgevind het nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Waghond ·

Mugabe moet val en aangekla word vir hoogverraad! Hy het die land met al sy hulpbronne gestroop en beroof.

zoom zoom ·

SA moet nog ‘n langtyd gaan voor dit ook by omdraai tyd kom vir die anc. Alled moet eerd grnreek en verbrand word en geen meer geen meet kos op die lande nie. Werkloosheidoet vlak moet ook nog die 90%+ vlak bereik

Grassie ·

Ek glo die staatsgreep is teen Grace Mugabe gemik, en nie teen ou Bob self nie. Hy is al redelik seniel en nie meer toerekeningsvatbaar nie, sy regeer lankal die land. Ek glo nie hy kan meer op sy eie enige besluite neem nie. Dit is waarom hulle haar toegelaat het om die land te verlaat, moontlik met die voorwaarde dat sy nie weer moet terugkom nie. Sy is ‘n gewelddadige vrou en sou die land in ‘n bloedige burgeroorlog laat beland het. Miskien is daar nou ‘n bietjie hoop vir Zimbabwe, maar dit bly maar ‘n Afrika land.

Ella ·

Stem saam John…..dis gereeld so, kan nie wag om dit te lees, dan is dit gewoonlik net bladieblabla

Peter Southwood ·

Beste ding wat kon gebeur het,hoop net hy en Grase gaan.

Anoniem ·

Mnr. Mugabe BEDANK asb. waardig ! Daar is nog 1 kans ! Pasop as die mense van Zimbabwe ongeduldig gaan raak met Jou (Gebruik Jou Wysheid) ?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.