Mugabe kry glo dán trekpas, bevestig bronne binne party

Robert Mugabe. Foto: GCIS

Anonieme bronne van die Zimbabwiese regerende party, Zanu-PF, het aan die nuusdiens Reuters bevestig dat dié party Sondagoggend gaan vergader om pres. Robert Mugabe van sy amp te onthef.

Volgens dié bronne gaan Emmerson Mnangagwa, die voormalige adjunkpresident wat onlangs die trekpas gekry het, as president aangestel word.

Die komiteevergadering is glo vir 10:30 geskeduleer.

Die bronne het ook gesê die party sal die 93-jarige Mugabe se vrou, Grace, ook van haar rol as leier van die Zanu-PF se vroueliga onthef.

ʼn Vloot motors het kort ná die aankondiging Mugabe se ampswoning verlaat.

Patrick Zhuwao, neef van pres. Robert Mugabe, het vroeër ook gesê Mugabe is “nié van plan” om uit te tree nie.

Zhuwao het gesê die president en sy vrou, Grace, is “gereed om te sterf vir dit wat reg is” en hy het geen plan om dié huidige situasie in Zimbabwe te regverdig nie – een wat hy as ʼn “staatsgreep” bestempel.

Hy het ook in die onderhoud vanaf ʼn “geheime bestemming” in Suid-Afrika gesê Mugabe het nog nie baie geslaap sedert die weermag beheer oor die hoofstad geneem het nie, maar sy gesondheid is andersins “goed”.

Bron: Reuters

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

Basjan ·

Ja-nee. ‘n Mens kan niks glo wat hulle sê nie. Hulle sê die een ding en doen dan net die teenoorgestelde.

HPV ·

Nog ‘n Afrika verkiesing wat amper klaar afgehandel is. Geen stembriewe, spaar miljoene.

jaco ·

Zim weermag was nog altyd pro-ZANU. n Sterk faksie in ZANU is saam met die Zim weermag sterk gekant teen Mugabe. So as die stof eendag gaan lê en Mugabe is weg, wie beheer dan Zimbabwe: nog steeds ZANU. So mark my words; bitter min gaan verander. Volgende verkiesingsveldtog is weer ‘n grootskaalse intimidasie en terreur teen die opposisie-partye, gevolg deur ‘n reusagtige gekookte oorwinning vir ZANU.

snoefie ·

hier het die arme mense in elk geval te doen met dueselfde weermag wat hulle dwing om onder gevaarlike omstandighede en onwettig, diamante te myn.

Mari ·

Hou moed. Dis wat ons nodig het! Ons KAN self bepaal hoe. Daar is altyd ‘n geleentheid!

Niklaas ·

Dinge kan net beter gaan in Zim as die Mugabe egpaar vertrek het na n ander land. Ek glo daar is iewers n stewige pensioen bedraggie wat veilig belê is vir hulle.

Hansie slim ·

Ja, dalk gaan bitter min verander maar mens wil hoop hy is ten minste sy “pel” meer suid kwyt, nie ‘n maatjie op wie hulle se skouer gehuil word nie. Die Suider Afrika gemoed behoort so bietjie beter te wees.

robbie scheepers ·

ja die seer se roof is af gekrap maar merk is nog daar ons hoop vir n beter lewe daar wat maar min kans gaan he van die selfde party se minse is nog steeds in die kring en na soveel jaar nie maklik omte verander.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.