Mugabe lees die verkeerde toespraak

Robert en Grace Mugabe Foto: redpepper.co.uk

Robert en Grace Mugabe Foto: redpepper.co.uk

President Robert Mugabe van Zimbabwe het Dinsdag ʼn groot flater begaan toe hy tydens die opening van sy land se parlement die verkeerde toespraak voorgelees het.

In plaas van sy parlementêre openingstoespraak, het hy weer sy Staatsrede, wat hy laat in Augustus gelewer het, voorgelees.

George Charamba, woordvoerder van die presidensie, het die flater bevestig. “Daar was ʼn deurmekaarspul met die toesprake en dit het daartoe gelei dat sy edele, die president, die verkeerde toespraak gelewer het,” het Charamba gesê. “Die probleem het in sy sekretariële kantoor plaasgevind en die aflewering in die parlement moet tersyde gestel word. Die fout word berou en korrektiewe maatreëls word oorweeg.”

Mugabe het verlede Desember meer as 12 000 afgevaardigdes by die Zanu PF-kongres in die hoofstad verstom gelaat toe hy, onbewustelik, sy eie party veroordeel het. Zanu PF-beamptes veroordeel gereeld tydens politieke vergaderings en verkiesingsveldtogte die amptelike opposisie, Morgan Tsvangirai se Movement for Democratic Change. Mugabe het egter gesê, “Pasi neZanu PF”, wat beteken “Laat Zanu PF val”.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

28 Kommentare

Gerhardt ·

Die blaps wys eintlik dat Mugabe irrelevant is. Soos Prof Antonie van Niekerk gisteraand gestel het, word Zimbabwe deur ‘n bende (mafia) van ge-organiseerde misdaad beheer. Skrikwekkend, maar wanneer staan die mense tog vir hulle self op?

André ·

Dink die poppe gaan dalk dans as hy eendag nie meer daar is nie. Kan lelik raak.

Bleek Sannie ·

‘n Pluimpie vir die persoon wat die foto gekies het wat hierdie berig vergesel. Ek het lanklaas so lekker gelag, dankie!

Susan ·

Die mense in die verkeer het vanoggend geink ek het heeltemal mal geraak ek het so gelag!!!! maar ek dink ook daar gaan groot gemors gebwur die dag wanneer hy nie meer daar is nie.

Winston ·

Die totale Afrika word net een groot gemors. Jammer maar alle positiewe dinge word absoluut oorheers deur die afrikane se soeke na mag.

Cum Laude ·

Nog ‘n Afrika Nar! Daar is plek vir hom in ons parly nadat hy eendag afgetree het.

Pietertjie ·

Piesang-vingers. Dit bewys dat iemand anders eintlik die trom slaan: hyself is te stoopid daarvoor. Dieselfde is in RSA aan die gang.

Ben Burger ·

Die vent is so seniel. Hy sou ‘n Tupperware pamflet gelees het en dit nie agtergekom het nie.

Se maar net ·

Haha jy het sopas my dag gemaak met daardie kommentaar – ek kan nie ophou lag nie :D

Zirk ·

Volgens Prof.Antonie van Neukerk; (Insig Aktueel Maandagaand kanaal 144),. is Mugabe slegs ‘n strooipop in die hande van ‘n magsdronk, korrupte,kriminele binnekring van ZanuPF.
Nou sê ek;; alhoewel Zuma nog die leisels styf vashou in die ANC, sal dieselfde hier gebeur na No.1 se uittrede. Natuurlik met sy seën. Kyk,luister en lees gerus hoe sterk magsdronk die ANC binnekring alreeds is. Slegs die media en druk van die publiek, sal hierdie gevaarlike situasie nog kan omkeer.!

Han ·

Wat verwag jy anders as jy op 91 nog naarstigtelik aan die mag bly vasklou? Die arme patetiese drommel, dit is net hy en sy Grace wat dink hy is wonderlik!

Landie ·

O my genade, die ou raak nou heeltemal koekoes lyk dit my!!! Wys jou net, die brein slaap al lankal, dis nog net die lyf wat moeg volg!!! Dat so ‘n nar ‘n land moet beheer gaan my verstand te bowe!!!

Elmien ·

Wys net hoe dom en onbetrokke hy by sy lands is. Sit net daar vir die geld. Geen wonder dit gaan daar soos dat dit gaan nie.

Ben ☺☺☺ ·

Die ligte brand maar daar is niemand tuis nie…ha ha…

PETRO ·

En wragtig daar lag hy in die parlement net soos sy vriend Zuma! Soort soek soort nê?

christa ·

Heeltemal senile net soos ou ronde kop zumie so senile lag oor als

Philip Hanafey ·

Daar is ‘n rede hoekom mense partykeer liewer moet stilbly en net moet gaan rus ! Hier is ‘n sprekende voorbeeld !

pop ·

Soms as ek na Zuma luister dink ek ook hy lees verkeerde goed. En hy kom dit nie eers agter nie. lol

chris ·

Hoekom my kommentaar verwyder?
Se asb sodat dieselfde foute nie herhaal word nie.

Leeutjie ·

Hahaha Chris… Iemand het ook verkeerdelik gelees en toe jou kommentaar verwyder!!!

Theresa ·

Hi Ben Burger – lekker gelag oor jou kommentaar.
Jip – die ou skepsel moes laaaaaaaaankal iewers gaan op ‘n eiland gaan moeilikheid maak het. Geen staatshoof mag so stupid wees nie – gmf! haat dit en skaam my telkens dat ons staatspresident nie eers een speech uit sy kop kan praat nie. mompel dan spesifiek ook op so ‘n manier dat dit min sin maak. Terselfdertyd lagwekkend (maar met ‘n traan oor die gevolge),
En ja – lieflike foto wat die berig vergesel – wat is die nuutste fonds nou weer???

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.