‘Mugabe nié van plan om uit te tree nie’

Pres. Robert Mugabe van Zimbabwe

Patrick Zhuwao, neef van pres. Robert Mugabe, het Saterdag aan die nuusdiens Reuters gesê Mugabe is “nié van plan” om uit te tree nie.

Zhuwao het gesê die president en sy vrou, Grace, is “gereed om te sterf vir dit wat reg is” en hy het geen plan om dié huidige situasie in Zimbabwe te regverdig nie – een wat hy as ʼn “staatsgreep” bestempel.

Hy het ook in die onderhoud vanaf ʼn “geheime bestemming” in Suid-Afrika gesê Mugabe het nog nie baie geslaap sedert die weermag beheer oor die hoofstad geneem het nie, maar sy gesondheid is andersins “goed”.

Duisende betogers het Saterdag na Harare en Mugabe se ampswoning opgeruk om te betoog vir “beter leierskap”. Betogings was ook aan die gang in Pretoria by die Uniegebou, in Kaapstad en ander distrikte in Zimbabwe.

Frank Mutsindikwa (34), ʼn betoger, het Saterdag aan Reuters vertel hy het “trane van blydskap” wanneer hy dink aan die vooruitsig vir Zimbabwe.

“Ek wag al my hele lewe lank vir hierdie dag. Uiteindelik vry. Ons is uiteindelik vry!”

Victor Matemadanda, sekretaris-generaal van die Zimbabwiese oorlogsveterane-vereniging, het betogers in Zimbabwe Saterdag in Highfield toegespreek.

“Kom ons gaan dra nou die boodskap oor dat [Mugabe en sy vrou] huis toe moet gaan,” het hy gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Leahim ·

Ek glo nie hy het meer n keuse nie verwyder hom en sit hom op die eerste vliegtuig siberië toe sal hom kans gee om af te koel en mooi oor die saak te dink of sit hom in daai wrede tronk Chikeburi as ek reg onthou waar hy baie onskuldige mense sonder rede laat aanhou het.

Carel ·

En hopelik is daardie huis in Singapoer en nie in RSA waar hy ons kriminele president nog verder kan sterk in sy kwaad nie!!!

Chris Ws ·

Tata Mugabi en Grace!Wens ons weermag wil dieselfde doen met Zuma en al sy vroue!Maar dis seker wensdinkery.

Antjie ·

Ek dink nie om een van diegene wat deur die weermag as kriminele gesoek word, ʼn onderhoud te voer, gee enigsins ʼn idee van realiteit nie. Die provinsies se aanbevelings na sentrale ZANU was gister al duidelik. As Mugabe nie vandag vrywillig uittree nie, sal hy môre deur hulle herroep word omdat hy geestelik nie meer in staat is om die land volgens sy reëls te lei nie. Na vandag verval enige intensies wat hy self mag hê. SABC maak net vyande van ons buurland deur sulke skelmstreke toe te laat–intimidasie van Suid-Afrikaners wat ʼn verbetering van die huidige bedrogvlakke wil sien. Sies!

Boet Fasie ·

Hoop nie hy en Grace kom Suid Afrika toe nie want dan moet die arme belastingbetalers nog vir hulle ook sorg .

Boerseun ·

Nou die vraag, is die ou wit boere geregtig om hul grond terug te kry of die wat dit nou n generasie of twee dit geregtig om dit te hou.

domvraag ·

Hom self verryk terwyl sy mense krepeer van ellende. Sy land ekonomies verwoes en kon nie eers net dit wat hulle by onafhanklikheid gehad het instand gehou het nie, maar alles ten gronde laat gaan agv sy intense haat vir die wit boere. Klink dit nie amper soos wat in SA aan die gang is nie
Sou graag wou sien dat hy moes boet vir sy menseregte vergrype en gestroop word van sy rykdom en vryheid.

Johanna Botha ·

NOU is hulle uiteindelik vry …. vry van julleself …free from your OWN liberator ! So is Zim net nog n carbon copy van die res van Afrika en Sa loop presies dieselfde pad

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.