Mugabe reis na Singapoer, nie Indië

Robert en Grace Mugabe Foto: redpepper.co.uk

Robert en Grace Mugabe Foto: redpepper.co.uk

ʼn Aanlynvlugspoorwebwerf het bekend gemaak dat president Robert Mugabe van Zimbabwe se vliegtuig na Singapoer gereis het.

Daar is intussen deurgaans berig dat die 92-jarige Mugabe ʼn kulturele funksie in Indië sou besoek, waar beamptes aangevoer het hy sou die eregas wees tydens die drie dag lange “Wêreld Kulturele Fees” in Indië wat Vrydag begin het.

Mugabe het Maandag uit Zimbabwe vertrek aan boord ʼn vliegtuig van Air Zimbabwe.

Die webwerf, Flight Radar 24, het bekend gemaak dat Mugabe egter na Singapoer gereis het aan boord Air Zimbabwe UM1 Boeing 767-2 NDER, met die registrasienommer Z-WFP.

Die vliegtuig het Maandag om 16:37 uit Zimbabwe vertrek en die volgende oggend om 02:38 in Singapoer geland. Die Zimbabwiese leier besoek gereeld Singapoer vir mediese behandeling en opvolgbesoeke.

Daar was verlede week baie spekulasie oor waar die president homself bevind. Die eerste persoon wat die inligting bekend gemaak het, was Jonathan Moyo, minister van hoër onderwys en opleiding in Zimbabwe, wat op die sosialemedianetwerk Twitter geskryf het: “Hy is nie en was nie in Indië nie, net so veel soos julle hom daar wou hê.”

George Charamba, Mugabe se woordvoerder, het Woensdag in ʼn verklaring gesê die president het sy reis na Indië gekanselleer, uit sorg vir sy veiligheid. “Sy edele president RG Mugabe het sy besoek aan Indië gekanselleer, waar hy die eregas sou wees by die Wêreld Kulturele Fees,” het Charamba gesê.

Mugabe se reis is vir 10 dae geskeduleer.

Skermskoot wat aandui dat Mugabe se vlug na Singapoer gereis het (Flight Radar 24)

Skermskoot wat aandui dat Mugabe se vlug na Singapoer gereis het (Flight Radar 24)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

jaco ·

Die man mors ook geld left right and centre, maar hy vlieg darem met vliegtuie van air Zimbabwe. hy het nie sy eie luukse straler soos Zuma nie.

Gert Stoltz ·

Hy moet in Zimbabwe behandel word in staatshospitaal waar hy kan voel hoe dit is om arm en honger te wees!!!

Pierre ·

EN HOEKOM IS HIERDIE NUUS?????????????????????????????????????

Elgeraine ·

Ai tog.. hy wil maar net nie die laaste hekkie oor nie..

Elgeraine ·

Ai tog.. hy wil maar net nie die laaste hekkie oor nie..

Trolle ·

Mugabe se nuus lyk my is meer belangrik vir Maroela as die verkiesing in USA of julle weet net nie daarvan nie?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.