Mugabe se vrou wil president word

Robert en Grace Mugabe Foto: redpepper.co.uk

Robert en Grace Mugabe Foto: redpepper.co.uk

Zimbabwe se eerste vrou Grace Mugabe het Donderdag haar kandidaatskap aangekondig om haar man, die 90-jarige Robert Mugabe, op te volg.

“Waarom kan ek nie president word nie? Is ek dan nie ʼn Zimbabwiër nie?” het die 49-jarige Grace gesê toe sy veterane van die land se vryheidstruggle toegespreek het.

Sy het adjunkpresident Joice Mujuru, wat as een van die top-aanspraakmakers beskou word, gemaan om te bedank. “Daar is baie mense wat hierdie land kan regeer, nie Mujuru nie,” het Grace gesê. Sy voer aan haar man se adjunkpresident sal Zimbabwe “terugneem na waar dit was voor onafhanklikheid”.

Robert Mugabe regeer al sedert 1980 en het talle kere vir mediese sorg oorsee gereis. Daar word weer gespekuleer dat hy kan aftree voor sy termyn in 2018 verstryk.

Grace is intussen as hoof van die vroueliga van die regerende party, Zanu-PF, aangestel.

Haar politieke ambisies word met teenkanting begroet van Mujuru en ander wat aan die lang struggle vir onafhanklikheid deelgeneem het. Sy het ook onder skoot gekom nadat sy in September ʼn doktoraat van die Universiteit van Zimbabwe ontvang het, glo net ʼn paar maande nadat sy by dié instelling ingeskryf het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

snel ·

Ja-nee, Boesman, ek stem, lyk my hulle gaan die presidensie in die familie probeer hou. Ek kan net nie verstaan; hoekom sterf soveel mense met goeie liefdevolle harte op n jong ouderdom, mense wat nog soveel vir hul volk en samelewing kon doen, en onkruid vergaan net nooit, hulle kap dit uit soos n verdomde Switserse horlosie, geen blerrie einde nie. As sy net n ander hart as hy het, as sy net na haar volk sal omsien en na haar volk se belange kyk….droom ek nou.

Theresa ·

Liewe Vader – Laat dit asseblief net nooit gebeur nie!!!
Red die land en sy mense…………………

Theresa ·

Ek kan wragtig nie glo wat ek lees nie……………………..

Moegoe ·

Die Mugabe”s is dikvellig en onverstaanbaar.Grace is jonk en sal dit regkry,hoop net stel nie jongmanne in haar kabinet aan nie want dan is DIKRAAM iets van die verlede.

Elizabeth ·

Nou-ja… almal weet sy het van haar lovers vergiftig so ou Bob moet maar uittree/aftree sodat Gracie kan oorvat, anders… wie weet?? Wonder hoevele pare skoene sy dan oorsee gaan koop – ek dink sy kan vir Imelda Marcos al klaar ore aansit. Glo my, as sy regeer kan die blankes wat nog daar is maar weet… swaarkry of dan swaarDER kry lê voor. Ek voel bitter jammer vir hulle. Vroue in magsposisies kan wreder wees as enige man – die geskiedenis het dit bewys, jammer om te sê. En nou wil sy al klaar die adjunk waarsku om NIE te probeer lei nie – o hier kom ‘n ding. Moenie verbaas wees sou die adjunk wen daar een of ander “ongelukkie” in die toekoms mag gebeur nie. Ja, ek skets ‘n donker prentjie maar ongelukkig het ek al te veel gelees oor die “liewe” Grace.

Moegoe ·

ELIZABETH hou lady Grace daarvan om haar spyskaart buite die huis te nuttig. Bob se tuinslang se water het seker al opgedroog-so as Grace wil crazy word buitekant wag die jongmanne en hulle is presidentvrou lus.

Elizabeth ·

Oee Moegoe nou is jy stout jong – netnou sensor Maroela jou! Maar toemaar, mens dink allerhande lelike goed met die ou spul. Kyk net daardie sonbril op die foto, dis nie ‘n Woolies of Dischem special nie GLO vir my! ‘n Hele kraal se kidners kan gevoed word met die geld van daai bril! : (

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.