‘Mugabe slaap nie, hy beskerm net sy oë’

Pres. Robert Mugabe (November 2014) Foto: GCIS

ʼn Woordvoerder het gesê die 93-jarige president Robert Mugabe van Zimbabwe slaap nie in vergaderings nie, hy beskerm net sy oë.

Die staatsbeheerde Herald-koerant het Donderdag berig Mugabe se woordvoerder George Charamba het gesê die president se oë is sensitief vir helder ligte. Hy het reageer nadat Mugabe ʼn roetine-ondersoek vir sy oë in Singapoer ondergaan het.

“Ek voel soos ʼn mislukking wanneer ek hoor dat die president in konferensies slaap,” het Charamba gesê.

Hy wou “vir sekuriteitsredes” nie die naam van die dokter in Singapoer bekend maak nie, maar het bevestig dat dit ʼn Zimbabwiër is.

Mugabe se gesondheid word baie fyn dopgehou. Foto’s waar hy op ʼn rooitapyt struikel en in 2015 van ʼn kateder afval, het groot reaksie op sosiale media uitgelok en daar is talle grappe daaroor versprei.

Mugabe is al sedert 1980 aan bewind en het gesê hy sal homself volgende jaar weer verkiesbaar stel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

38 Kommentare

al ·

Dis nou ñ spinstorie wat net die wat dom is sal glo!!! Nogal dokters sien in Singapoer, maar sy dogter studeer daar!
Laat ons nou eerlik wees, hy slaap, oor en uit! Niks van sensitiewe oë nie!

De Villiers ·

Die volgende wat ons hoor is dat elke keer as hy sy kop knik as hy sy oë laat ‘rus’, is dit om sy nekspiere te oefen.

Johann ·

Whahahahahahaaaaaaaa!!!!!!!! Whahshahahaaaaaaaaaaaa!!!!!!!!!!

Frikkie ·

ek sekondeer wwhhhhaaaaaaa whhhhhhhaaaaaaaaaaa haaaaaaaa! ;D

Flibo ·

Haha. En hulle sal dit nog glo ook. Ons intelligensie word elke dag so onderskat. Wat n bol snert !!!! Ek kan so baie kommentaar hierop lewer, maar laat dit liewer maar daar. Hahaha hulle slaap almal so. Gaan kyk maak in ons land se kabinet. Die hele spul slaap !!!

john samuel ·

Hierdie tipe propaganda word nie op jou óf my se intiligensie gemik nie… ;)

Alki ·

Hahaha, dis ‘n goeie verskoning wat ek nou gaan gebruik as ek partykeer agter my rekenaar ‘n uiltjie wil knip, of my baas dit gaan glo is ‘n ander saak, oooooo……., daar word mos beweer dat dit sleg vir jou oë is as jy te lank agter jou rekenaar werk, briljant dankie oom bob, hiehiehie

Maya Roon Joubert ·

Hehe! Ja nee wat – hy knip ‘n uiltjie! Ongelukkig dink die ander presidente van groter Afrika hul almal kan Mugabe se voorbeeld volg en so uiltjie knipperig vele jare in bewind bly’ squat’ as president van hul lande! Onse Zuma doen dit ook!

Hettie ·

Haha wys duidelik hoe hy slaap!!! Hy maak goeie verskoning want voel verleë dat wêreld kyk vir hom

Johan Maritz ·

Ek gaan nou my kinders se held wees hulle hoef nie meer 8 uur te gaan slaap nie hulle moet net hulle oe gaan rus.

John ·

Ons president maak ook soms so… seker om sy ore teen die waarheid te beskerm…

Johannes van Staden ·

Ai tog mens moet seker baie dom wees om dit te glo ….genade die mense ondeskat mens se intelegensie

wdp ·

Hy dink net diep hoe om sy land van 2de beste in afrika na 1ste plek toe op te stoot as mees ontwikkeldste land in afrika

Retha ·

My 84 jarige moeder se verskoning ook wanneer sy grote visse vang. Ek slaap nie, ek rus my oë!

Mariana ·

Op 93 sal ek seker ook slaap waar ek ookal gaan, maar hoekom hy so vasklou aan sy pos weet die Vader alleen. Tree af asseblief!!!

Vytjie Molefe ·

Ek dink hy is lankal oorle….hulle werk hom soos daai poppe toe ek ‘n kind was by die koffiehuiskonserte…sy gesig het altyd dieselfde uitdrukking???

WW ·

Hierdie is amptelik die beste kommentaar! Welgedaan.
MOET vir MM dankie sê vir hierdie heerlike, skreeusnaakse beriggie.

Regtig ·

My ouma het altyd ook net haar oë “gerus”…..
Sy mense glo hom seker

Fluffy ·

Sal graag wil sien of hy ook visvang terwyl hy sy oe beskerm ? Indien wel “multi task” hy nogal….

zahn ·

Dan moet daar ernstig fout wees met sy oë, die kwyl loop terwyl hy sy oë rus..

Anoniem ·

Is dit werklik nodig om vir ‘n “roetine” ondersoek na Singapoer te gaan? Is daar geen oogkundiges oor in Zim nie? Of is Zim se oogkundiges nie kundig genoeg nie? Me thinks alles sommer stofstories.

Griet ·

Dit is vandag Vrydag – my oë gaan vandag ook ‘n bietjie rus op kantoor!!

charmaine ·

Ek het n tumor van my oog laat afsny in Januarie, so ek kan dan maar ook n uiltjie knip om my oog teen die skerp rekenaarlig te beskerm. n Ou van 93 moet 10uur die oggend al in die bed wees.KLAASVAKIE

Lag maar saam ·

Mense. iemand maar erens ‘n fout. 1 April is lanklal verby. Eers gaan ons lisensiegelde betaal vir selfone ens. en nou ou Bob rus sy oge.

Hiehaa

Marietjie ·

Hy knip nie ‘n uiltjie nie mense, hy slaaaap ‘n heerlike lang slaap

Wsp ·

DANKIE vir die verskoning hopelik gaan dit ingesktyf word as n wetige verskoning dan kan almal die verskoning gebruik by die werk

Marietjie ·

Hy slaap ‘n heerlike lang slaap, droom seker oor sy baie geld

SARIE VAN HEERDEN ·

-Werk ‘n mens se oog- en mond/tong/breinspiere saam? Luister hoe hy sleeptong praat en dan die twak wat hy kwytraak. Afrika lande het nie ‘n groot verwagting van hul leiers of slimmes nie. Jy moet net baie kan PRAAAAAAAT. Praat aanmekaar, herhalend van alles wat jy kwytraak en jy is slim/intelligent. Naskoolse geleerdheid tel ook nie meer nie: jy moet net kan vertel/bewys{?} dat jy die potensiaal het om iets te bemagtig. Kyk maar net na die bebloede oog/hoof van die SABC. Viva Afrika!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.