Mugabe staan weer vir president

Robert Mugabe. Foto: AP Photo/Tsvangirayi Mukwazhi

Robert Mugabe. Foto: AP Photo/Tsvangirayi Mukwazhi

Zimbabwe se 92-jarige president Robert Mugabe is bevestig as sy party se enigste kandidaat vir die verkiesing in 2018.

Die regerende Zanu-PF het by ʼn saamtrek in Masvingo die besluit aangekondig, onder luide toejuiging van ondersteuners. “Ons almal kyk rolprente. Hulle eindig net wanneer die akteur doodgaan. So die president moet aan die stuur bly tot hy doodgaan. Hy is ons kandidaat vir 2018,” het Kudzai Chipanga, jeugleier, gesê.

Die aankondiging kom te midde van toenemende protesoptogte teen Mugabe se 36 jaar lange bewind. Mugabe het tydens die saamtrek ʼn toespraak van 40 minute gelewer en hy was duidelik uitgeput.

“Ons het ooreengekom dat daar geen konflik en binnegevegte moet wees nie. Dissipline, dissipline, dissipline. Diegene in leierskapposisies moet gerespekteer word.”

Mugabe se kritici beskuldig hom van menseregteskendings en sê hy het die land se ekonomie gekelder. Meer as 80% van Zimbabwe se werksmag is volgens berigte werkloos.

Teenregering-protesaksies het die afgelope paar maande toegeneem. Dit is ook veral die polisie se ystervuis-optrede teen die betogers wat kommer wek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

31 Kommentare

Simon ·

Gedink SA sal so iets vryspring?

Wag maar !!

Zuma, Julius en in die jongste tyd ook Hlaudi staan elkeen op sy eie plekkie en wag vir die geleentheid wanneer dit hom voordoen om totale mag oor die land oor te neem.

Harrie ·

Dan het ek nie simpatie met die mense nie.Dan het hulle nog nie swaar genoeg gekry nie.

Lance ·

Kry maar vir julle nog n ronte ….julle verdien hom 100 x oor

Jan maak n Plan ·

Al stem niemand nie sal Mugabe nog steeds met n vreeslike meerderheid wen.

Arnold ·

Hulle kom mos net Suid Afrika toe as dit nog swaarder gaan en Mugabe gaan Singapore toe vir medise handeling.

John ·

Het hy nog nie gehoor wat die ‘weer’ alles kan aanvang nie. Miskien moet sy geliefde buurman hom inlig. Mens staan nog so en nonsens praat en ewe skielik is daar meer weer as jy en dan moet jy hol dat die modder spat…

Annatjie Padrao ·

Moenie uitlatings maak teen God nie. Hy is die Een wat die storm gebring het. Zuma moet pas op: Herodes in die bybel is deur wurms verteer toe hy hom bo God verhef het

Jan ·

En ek sien Cyril Ramaphosa het Mugabe as ‘n voorbeeld gestel om na te volg. Viva Cyril, viva, viva. En almla klap vir Cyril hande as nuwe opvolger van ‘n katestrofe. ‘n Mindere van ‘n katestrofe?

vytjie ·

Kan iemand nie sy ontwerper gaan aangee by die polisie nie? EK kan amper nie die MAN sien nie

WitBlits ·

Ek moet stem dit lyk nogal soos ‘n verkleurmannetjie en dalk is dit heel gepas vir Idi Amin die 2de!

Jan ·

Ek het nie een my luidsprekers se klank aan nie, en ek kan presies sien wat hy sê.

foxi ·

Goeie genade……..kan dié man dan nie………..?????
Is hy nie misken n spook nie! : )

Lance ·

Die Zim Dollar was in die 70’s meer werd as n Britse pond …dis die man wat die Zim dollar verander het na iets wat minder werd is as toeiletpapier …maar hulle soek hom weer …hoe dom kan mens nou eientlik wees….vat hom maar

Annatjie Padrao ·

Dis die mag van die bose wat hom daar hou. Die aarde is die duiwel se speelplek, en hy is deel daarvan.

Piet ·

Die ouman is siniel is met een voet in die graf en met die ander voet op n piesang skil is so magsbehep en sy hepsug en sy gretigheid dat hy zim se laaste bietjie staatsgeld wil steel hy wil met alle mag vasklou aan sy amp dis lagwekkend hy is n regte beheervraat wat sy landsgenote erg uitbyt wat n skande jou ou diktator

John ·

Annatjie, dit is presies wat ek bedoel. Ons tye le nie in ons hande nie…

zelda ·

Wel daar is n spreekwoord wat lei. Dit gaan so as jy dom is moet jy maar sukkel en dit is wat die Zimbabwers nou doen. Die ou wat eintlik die kos uit hulle borde vat wil hulle hou as president, dit is n baie groot wow.

JC ·

Hoe is ditmoontlik dat die mense nog vir hom stem as almal daar so swaar kry. Dit moet n intense ongeletterde nasie wees.

Hansworse stem Mugabe ·

” Mugabe is our bestest best President ever ! “

Gideon ·

Afrika o Afrika!! Onnosele klomp inwoners! Julle kan julle sterre dank dat SA se grens beheer en immigrasie wette so pateties is, anders het julle op hope gelê van ellende!

oumie ·

Ek wou ok my mening lug maar ek sal eers daaroor dink soni is ek more op die voorblad hiehiehie

Marianne ·

Mr President your shelf life has expired years ago!!!! Move over for major change not SA change….

John ·

Daai baadjie se alles. Mens wonder watter klereontwerper gebruik Mogabe en Grace. Ek glo daar is mense in SA wat graag wil weet.

piper ·

ek is net bang dat die wat moet gaan hier by ons gaan ook so aanbly tot die einde van termyn.

FM ·

Ek wil ook net weet: die mense in zim dood van die honger, ekonomies is die land op sy knieë ens ens en nog steeds stem hulle vir Bob. Kan n mens ter wille van n ideologie so bedremmelde verstand hê. Dis n kwessie van: ek vrek eerder van honger as om my ideologie prys te gee. En zuma en julius kyk op na die ou man. Wat in zim gebeur gaan hier ook gebeur. Ek wonder of mugabe nie met SA belastinggeld onderhou word nie? Ons blankes moet oppas: ek vertrou nie vir Ramaphosa nie. Hy is n verkleurmannetjie. Agter daardie smile van hom skuil iets anders…….. Whatch it!!!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.