Mugabe waarsku teen wit boere wat terugkeer na plase

Pres. Robert Mugabe van Zimbabwe tydens 'n vorige geleentheid.

Pres. Robert Mugabe van Zimbabwe tydens ‘n vorige geleentheid.

Wit boere wat die afgelope 15 jaar uit hulle huise en van hulle grond af uitgesit is sonder vergoeding, trek weer terug na die plase, het Zimbabwiese president Robert Mugabe Vrydag gesê.

Mugabe (91) het by die jaarlikse glanskonferensie van die Zanu-PF by die Victoriawaterval gepraat en die party gewaarsku om lugtig te wees vir kollegas wat wit boere teruglaat op die grond. “Die setlaars wat ons grond gevat het, is besig om terug te kom. Hulle gaan na die hoofman toe en sê ons wil julle help omdat julle nie trekkers het nie en dan stem die hoofman in. Daar is baie sulke slinkse boere, omtrent in elke provinsie,” het Mugabe aan die 5 000 afgevaardigdes by die konferensie gesê.

Hy het verwys na “een van die grootste skuldiges”, volgens hom Ray Kaukunde, voormalige kabinetminister en lojale volgeling van die voormalige adjunkpresident Joice Mujuru, wat vroeër vanjaar uit Zanu-PF geskors is.

“Faksievorming vreet aan die party en veroorsaak chaos; ons sal dit nie toelaat om voort te gaan nie,” het Mugabe gesê. “Die weermag, polisie en intelligensie is nou ook betrokke en ook verdeeld. Kom ons staak dit.”

Ondanks die droogte en die dringende behoefte aan voedselhulp, is daar aan Zanu-PF-afgevaardigdes gesê Zimbabwe het mielies ingevoer en het genoeg voorraad vir minstens die volgende 10 maande.

Mike Bimha, die minister van nywerheid, het gesê ondanks kragonderbrekings van 18 uur per dag, is dit nie net slegte nuus uit Zimbabwe nie. Hy het daarna ʼn lang lys van maatskappyname voorgelees wat glo die afgelope jaar herleef en ontstaan het danksy oordeelkundige bestuur.

Weg van die mikrofone het lede, van wie die meeste in die staatsdiens, gesê hulle is bekommerd omdat hulle nog nie hulle jaarlikse bonusse ontvang het nie. Patrick Chinamasa, minister van finansies, was ná Mugabe aan die woord, maar het nie ʼn woord oor staatsamptenare se bonusse gerep nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

21 Kommentare

Trolle ·

Die ou is so blind gekyk na ras, hy besef nie hy is besig om sy eie mense se doods sertifikaat te teken nie.
As iets in usa of Europe gebeur dat daar n kos tekort gaan wees dood sy mense op n streep van honger.

Trolle ·

Hoekom het hy n Hitler snor? Lyk dan vir my hy probeer n witman na aap, maar is baie onsuksesvol daarmee.

Liza ·

Soos wat dit in my bloed is om te boer en lief te wees vir die grond waarop ek gebore is, en op te bou waar daar niks was nie…. so is dit in ander se bloed om te haat en af te breek totdat daar niks oor is nie….. besluit maar self watter een jy in jou land wil he…..

Gerhardt ·

‘n Oud Sellous Scout het my vertel dat ou Bob vreeslik gemartel is in hulle bosoorlog, hy’t ook blykbaar Sifilis opgetel.

Ek het ‘n kopskuif gemaak en voel maar min vir Zim.

Schalk ·

Ek is bevrees mense, daar is nie werklik n verskil tussen daai Hitler snor en Zuma nie. En vir die wat glo dat hy moontlik gaan aftree, slegte nuus. Sy vrou het haar beskikbaar gestel vir die volgende presidents verkiesing. Van die Mugabes gaan ons nog baie lank hoor, te oordeel aan die “regverdige” verkiesings in sy land. Ek wag nog vir die dag wat daar n verenigde Afrika aangekondig gaan word.

Johann ·

Schalk jy bedoel seker dis n Hitler en Rommel skuif wat hulle probeer uitvoer, wonder net wie van hulle gaan homself in n skaakmat possiesie skuif

Schalk ·

Sou my woorde gewees het. Was net nie seker hoe om myself te bewoord sonder dat my kommentaar verwyder word nie.

Rudi ·

Die hele web word beheer. Ek het weereens met ‘n ander naam probeer om op SowetanLive kommentaar te lewe. Mens kan vergeet want hul blok en sensor als. Al naspers se webtuistes is geluit of erg gesensor. Hul doen dit want mens moet Zuma bribe vir Sport regte sodat mens R700 per maand moet betaal aan DSTV/MultiNOchoise monopoliee. Ons moet veg vir vryheid van spraak. Tans word ons geblok soos Zimbabwe en Noord Korea

Schalk ·

Dit is soos jy se Rudi. Almal se hulle wil niks van Naspers weet nie, maar is vinnig om voor hulle Dstv in te skuif. Ek het my Dstv opgegee en stream wat ek wil kyk, nie die gemors wat hulle opdis nie. Hulle wil niks van die witmens weet nie, maar ons geld is goed genoeg.

JaNee ·

En kry ons nie Zuma uit en die ANC in die bek geruk, is dit ons voorland…

Elsje ·

ANC is ook besig om ons land aan die Chinese te verpand, hul gaan op die einde so baie geld skuld dat China Suid Afrika gaan oorneem.

Ouman ·

Die Chinese is reeds besig om RSA te plunder – hulle smokkel miljarde uit die land uit met die hulp van korrupte amptenare en bankiers. Wie gaan dit probeer stop. Die beste kersgeskenk vir
Zim is ‘n staatsbegrafnis vir mal Mugabe.

Bruno Stef ·

Wie verwyder kommentaar as die betrokke persoon se naam nie eers genoem is nie ek vind dit maar n bietjie kortsigtig en kleinlik.

Lorna ·

Die Vader alleen weet want ek weet nie wat om te sê sonder om verban te word nie sies hoe gril ek nou

Mariné Lourens ·

Dagsê Paul

Maroela Media is ‘n onafhanklike, geregistreerde maatskappy onder die Maatskappyewet, en is deel van die Solidariteit Beweging.

Vriendelike groete
Mariné
nms Maroela Media

Johannes Meintjes ·

Dit is moeilik om Afrika se logika te probeer verstaan, maar verhoudings bou met resultate is wel moontlik. Sentrale regeringsstrukture kan ook nie alle vlakke van nasionale bestuur wil hiet en gebied nie, meen ek wel.

Gert ·

God het hulle met blindheid geslaan en hulle is besig om hulself te vernietig soos die ANC met hul eie volgelinge maak. Suid Afrika gaan met i klein hoeveelheid mense kragtig heers tot op die ewenaar van Afrika.

Verstaan niks ·

So rukkie terug (maande) was dan orals in die nuus dat Mugabe vra die blanke boere om terug te keer.

Nou wonder ek wat is die waarheid?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.