Mugabe, weermaghoof vergader

Genl. Constantine Chiwenga, Zimbabwe se weermagbevelvoerder. Foto: ANA

ʼn Vergadering tussen pres. Robert Mugabe, Zimbabwe se beleërde 93-jarige president, en Constantine Chiwenga, die weermagbevelvoerder wat die “staatsgreep” in die land lei, het Donderdagaand tot net voor middernag geduur.

Daar is egter nog geen duidelikheid wat die uitkoms van dié vergadering was nie. Daar word wyd bespiegel dat Mugabe sal instem om uit sy amp te tree indien sy veiligheid en dié van sy familie gewaarborg kan word.

Die vergadering by die presidensiële ampswoning is ook deur afvaardigings van die SAOG sowel as die Suid-Afrikaanse ministers Nosiviwe Mapisa-Nqakula en Bongani Bongo bygewoon.

Chiwenga het Dinsdag beheer van die land geneem in ʼn operasie wat hy beweer “die misdadigers rondom Mugabe” teiken.

Die streeksliggaam van die SAOG wat Donderdag ʼn noodveiligheidsvergadering in Botswana gehou het, het egter gewaarsku hy sal nie enige ongrondwetlike verandering van regering duld nie.

Intussen is die lot van die ministers wat in hegtenis geneem is, insluitend Ignatius Chombo, die minister van finansies, steeds onbekend.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

My ondervinding ·

My ondervinding wys dat NIKS jou sal lig uit daardie presidentskap. Erger as die ‘sit in ‘n wolkombers’.

Anoniem ·

Oops Mnr Mugabe Crime Rate is hoog in SA (Wil Jy regtig hier aftree ?) Onthou Gerrie wag vir Grace ?

voorlaaier ·

Soos ek die storie oor die radio verstaan weier die ou man om te bedank….

Cherokee ·

Interessante verwikkelinge. Aangaande ‘bespiegelinge dat Mugabe uit sy amp sal tree op spesifieke voorwaardes’ is soort van onverstaanbaar want hy het nie ‘n keuse nie. Interessant en waarskynlik vir die beter van Zim en miskien, net miskien ook tot aanwins van Suid Afrika want dit behoort as waarskuwing te dien.

Bekommerd ·

RM sal nie bedank nie. Hy sal net die weermag hoof n vet tjek aanbied en alles is vergete. Hier sal dit ook so gaan. Hou masr dop. Hierdie ouens se politiek ken ons al.

Jordaan ·

Hulle moet fermer optree, hy gaan nie vrywillig loop nie.

gert ·

As Chiwenga in Zim klaar is, kan hy sommer in SA aanmeld en ook begin skoon maak. Selfde oortredings, net gesigte van kriminele verskil!!

Henk ·

En nou doen gerugte die rondte dat hierdie moordenaar en korrupte krimineel homself op die SA belastingbetalers se onkoste in SA gaan kom vestig? Het ons nie lank genoeg na die Zim burgers omgesien wat hier was omrede hy hulle uit Zim verdryf het met sy wreedaardigheid en sy korrupsie waardeer hy homself verryk het nie? Is dit nie genoeg dat ons reeds met ons eie Mugabe in Zuma in ons land sit nie?

LMF ·

Ja hoor hy sal seker plekkie in nkandla kry n rondavel of twee maar lees op mail on line as hy nie uit is teen Sondag nie sit hul hom uit genugtig plaas dat hul hom SPCA toe vat om hom uit te sit

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.