Mugabe: ‘Wit boere sal nooit grond terugkry nie’

Pres. Robert Mugabe van Zimbabwe tydens 'n vorige geleentheid.

Pres. Robert Mugabe van Zimbabwe tydens ‘n vorige geleentheid.

Pres. Robert Mugabe het Saterdag gesê dat Zimbabwe nooit grond aan voormalige wit boere sal teruggee nie omdat dit ʼn nasionale hulpbron en die opperreg van swart mense is.

Mugabe het honderde Zanu-PF-ondersteuners by die Harare internasionale lughawe toegespreek pas nadat hy van Japan af teruggekeer het. Volgens Mugabe het die oorlede adjunkpresident, Joshua Nkomo, op sy sterfbed aan hom [Mugabe] gesê dat Zimbabwiërs nie die grond wat in hul hande is, moet laat gaan nie.

“Moenie dink dat ons nou op die punt is waar ons die grond aan wittes gaan teruggee nie. Hulle het geld en ons het nie. Hulle het trekkers en sommige huur selfs by ons. Wees gewaarsku, die land moet ʼn nasionale hulpbron bly, ʼn opperreg,” het hy gesê.

Hy het gesê die land moet gebiedsgebondenheid en stamgebondenheid teenstaan en seker maak dat die nasionale hulpbronne eweredig verdeel is.

Mugabe het die Zanu-PF-ondersteuners gewaarsku dat hulle nie deur die nuutgevonde Zimbabwe People First-party “geflous” moet word nie, want “hulle het niks om te bied nie”.

“Die Zimbabwe People First is verlore. Moenie gehoor gee aan mediaberigte wat sê dat hulle besig is om wyd ondersteuning te werf nie, hulle het geen mense nie. Kan jy dink dat iemand ʼn party soos Zanu-PF kan verlaat om by People First aan te sluit? Vir wat?”

Grondbesit bly ʼn omstrede kwessie in Zimbabwe waar duisende wit handelsboere sedert 2000 van hul grond ontneem is. Twee weke gelede is daar ʼn vergadering gehou om die vergoedingskwessie vir die 7 miljoen hektaar grond wat by wit boere afgeneem is, te hersien.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

32 Kommentare

Winston ·

Tussen die duiwel en die diep blou see. Een kant vaskleef aan swart mag en ander kant kies tussen hongerdood of lewe? Wit boere gebruik as katilisator vir balans oor eie onvermoëns en magsbeheptheid. Hy kleef soos………aan n wolkombers.

Johann Marx ·

Wat ek nie kan verstaan nie is dit: Mugabe vat wit produktiewe boere se grond, deel dit onder sy maatjies uit, en die produktiwiteit gaan daarmee verlore. Die Westerse Wêreld veroordeel dit ten sterkste……….maar toe Zim krepeer van die honger omdat hulle hulle eie kos-produksie gekelder het, stuur dieselfde Westerse Lande wat grond-vergrype veroordeel het, soveel kos as wat Zim nodig het? Die lande wat hierdie grond vergrype veroordeel het, moes nie deelgeneem het aan kos-uitvoere na Zim nie. Zimbabwe moet gelos word om die probleme wat sy leiers veroorsaak het, SELF op te los. Hoe anders gaan hulle leer?

Jo Pearce ·

Die ding is – het die mense wat die kos nodig het ooit die kos gekry? Dit is daarom dat ons miljoene can daardie mense in ons land het, wat steel en moor.

Leon ·

Boere wil nie terug kom nie,kyk maar hoe vergaan julle van die honger

Karolis ·

Die nuwe suid afrika moet ook inneem wat bob sê. Dit is presies waartoe ons afstuur.

Veritas ·

Oom Bob, ek het so’n vae vermoede dat die gevaarligte vir jou begin flikker. Die deursnee Zimbabwier se oë begin oopgaan. Honger mense se denke neig om in die rigting van voedsel te beweeg. Hulle hoor van die oorvloed van kos in Suid-Afrika en begin twyfel aan jou rassistiese retoriek. Napoleon het gesê, ”n Weermag marsjeer op sy maag’ en ek sê ”n kieser stem met sy maag’. Daar kom ‘n tyd wanneer die massas se oë oopgaan en ek is oortuig dat daardie tyd aangebreek het. Die dag wanneer jou weermag besluit om nie meer die kiesers te intimideer nie, is die skrif aan die muur. Die dag van afrekening is naby.

Cherokee ·

Snert! As hulle oë na soveel dekades nog nie opgegaan het nie sal dit nòu gebeur? Jy droom drome.

Cherokee ·

Snert! As hulle oë na soveel dekades nog nie oopgegaan het nie sal dit nòu gebeur? Jy droom drome.

Veritas ·

Cherokee. Wag maar bietjie en sien. My inligting uit Zim is gewoonlik redelik akkuraat.

Ruby ·

Veritas, hulle sal met vlieë om die mond sit van honger maar nog steeds vir Bob stem.

Dieselfde hier by ons, mense om my vertel hoe goed die klinieke, veiligheid paaie ens jare terug was maar vir wie bly hulle stem?

candice ·

Julle kan maar di grond hou! En as jle ooit di grond terug sal dit net wees sodat ons dit weer moet opbou tot ñ punt wat daar actually weer kos en werk en water en alles is wat jle nodig het en dan jaag en moor julle ons weer. Hou maar die grond… gebruik google as jou hulpbron en leer jou mense hoe om te boer. Jy kan you tube ook… dalk verstaan jle dit beter. Om te boer is ni net om grond te he nie. Dis wat mens daarmee maak…

aitog ·

Moes jy nie al lang bome toe gegaan het nie? Jy lyk oor die muur…

Dup du Plessis ·

Ironies voer hulle hul graan van Zambie in waarheen Zimbabwe se produserende boere uitgewyk het en binne n kort tydjie genoeg graan produseer sowel as surplus vir uitvoer. Hierdie boere moet eintlik verhoed dat hul surplusse na Zimbabwe uitgevoer word sodat oom Bob WERKLIK kan besef wat die eintlike doel van grondeienaarskap is…selfs ons het hierdie jaar witmielies van Zambie ingevoer….

yster 74 ·

Never say never uncle bob. Die 100 Zimbabwiese boere wat met oop arms deur Zambia aanvaar is na jou grondgrype daar PRODUSEER 80% van Zambia se kos en die res die ander 20%. Duh. Jou mense en hul diere vergaan van die honger en jy sit en dut. Life is al about choices.

sjamaa ·

Die wêreld behoort aan God. Hy sal nog sien wat gaan gebeur. Dis tyd dat hy groet, en gaan beleef wat hy aan sy mense doen.

Piet Piper ·

Die twee mees irriterende menslike wesens in Afrika is sekerlik ou Robert Mugabe en Jacob Zuma. Dankie tog dat hulle binne afsienbare jare deur bittervleis-vretende wurmpies sal verteer word en ook sal die mossies nesmaak in die oorblyfsels van Nkandla.

GES ·

Bob sal eendag kan terugkyk en sien hoe hy ‘n welvarende land se ekonomie verwoes het. Hy kan ook trots wees op die die elende en hongersnood wat hy en sy party veroorsaak het en dat sy burgers oor die grens stroom om lewensmiddele te bekom.

Hendrik ·

Toe sy staatskas slegs $167 besit het was wit Suid Afrikaners se belastinggeld vir hom soos poeding.

Gert ·

Die mense gaan daar dood van die honger en siektes en vlug uit die land uit , dan jag jy die mense weg wat vir jou kos maak en plant .
Wat verstaan ek nie ? help my

TJ Polokwane ·

Al wat oom Bob eweredig verdeel is armoede en hongersnood.

Deon ·

Hierdie is eeu oue natuurlike seleksie. God se manier om weer balans te bring. Hulle gaan van die honger vergaan. Met elke aksie het Hy al lankal ‘n plan! Glo en vertrou God. Hy sal ons lei waar ons moet wees. Hy alleen het die mag. Tot Hy sy planne aan ons openbaar, moet ons sterk staan in Geloof. Dit sal ons dra en beskerm.

vermeende ·

Hoekom dra ou Bob alleen die skuld van Zim se toestand.
Ek meen maar net, presidentakap is tog nie iets wat hy kan opeis nie……. hy moet verkies word.
Dit is die wil van die kiesers om honger te ly.
Die groot grap kom nog wanneer hy groed en die ou boere kom terug na hulle plase toe en die pap potte staan vol dan gaan die nuwe boere mos die pasella van Bob weer terug soek en al die plaasmoorde begin van voor af..

NET EKKE ·

wonder hoeveel grond gaan hy saam hom neem as hy daai lee kop van hom die dag neerle

Theresa B ·

Wonder waar dink hy kom al die kos vandaan wat hulle, hulself so lekker dik aan eet?!

m ·

Die nar eet elke aand ‘n lekker bord kos so sy honger mense pla hom glad nie. Solank hy net die wittes kan irreteer en wys wie baas is dink hy glad nie verder nie.

nick ·

hy kan dit in sy gat druk laat zuma se boere vir hom gaan ploeg

yvonne ·

Dit het tyd geword dat ons weer blankes moet saam staan en kyk en voorsien vir ons eie, (nes hul dink hul voorsien hul eie, hie hie. Dis waarvoor hul mos stem) Ons eie kry ook swaar en nood roep hoog onder die blanke mense. Die regering sorg nou net vir hul self, welsyns orginisasies gee vir die mense van hul , winkels soos checkers bv stop met trokke vol kos vir hulle dit terwyl die blankes niks kry en word eerder vergeet en verdyf na die ashope (haglike omstandighede)

Louise ·

Ai shame so bly om te sien AL ONS skate op aarde is bymekaar, want ONS gaan vir ewig lewe.
En die ou hele Zanu-PF moet besef die grond is eintlik net een persoos SIN en dis die sogenoemde Press.
Maar ja so gaan mense se oe op die harde manier oop, sal eers in totale elende besef wat aangaan, hulle is net puppits en besit niks nie. Nie net WIT nie…….

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.