Muhammad Ali oorlede

Muhammad Ali Foto: Siasat Daily

Muhammad Ali Foto: Siasat Daily

Die bokslegende Muhammad Ali is in die ouderdom van 74 oorlede.

ʼn Woordvoerder van die familie het bevestig Ali is in ʼn hospitaal in Phoenix, Arizona, oorlede ná hy Donderdag opgeneem is. Ali het ʼn asemhalingsiekte gehad, wat deur sy Parkinson se siekte vererger is.

Die familie het bevestig Ali sal in sy tuisdorp, Louisville in Kentucky, begrawe word.

Cassius Marcellus Clay het wêreldwye bekendheid verwerf toe hy met die liggewig goue medalje in 1960 by die Olimpiese Spele weggestap het.

Hy was ook bekend vir sy vegstyl, wat hy self as “sweef soos ʼn skoenlapper, steek soos ʼn by” beskryf het.

Hy het uiteindelik in 1981 afgetree, en 56 van sy 61 gevegte gewen.

Hy is in 1999 deur Sports Illustrated en die BBC as “Sportman van die eeu” gekroon.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Johann Marx ·

As jy hom een keer in lewende lywe gesien het, kan jy nie help om beïndruk te wees nie. RIV.

Gerrie ·

Ag nee wat, die berig oor die bokslegende Ali wat oorlede is, hoort seker beslis nie onder “vermaak” geplaas te word nie. Dis net my mening.

Sune van Heerden ·

Dagsê Gerrie

Dankie vir jou terugvoer.
Let asseblief daarop dat die berig oor die bokslegende, Mohammed Ali, onder “wêreldnuus” en “bekendes” op Maroela Media gepubliseer is. “Bekendes” word op die platform “Op die Planke” gepubliseer, wat nuus bevat oor “vermaak, musiek en kuns”. Ons het geensins bedoel dat dié berig as “vermaaklik” beskou moet word nie. Ons vra om verskoning indien dit enigsins verkeerd oorgedra is.

Groetnis
Suné
nms Maroela Media

Pieta ·

Ag ou John.
Het jy al gehoor van een van die fundamentele beginsels van ‘n demokrasie – godsdiensvryheid???

Lourens ·

Ja goeie era van boks daai frazier foreman holmes norton en hy was die koning die showman na hom het boks geeindig ja tyson en holyfield en lewis het dit nog intersant gehou die klitschos was ok maar vandag se hw boks is snert kyk eerder wwe riv koning ali

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.