Muise wen toe die prys vir beste foto

ʼn Foto van twee muise, wat op ʼn moltreinplatform in Londen oor ʼn stukkie kos baklei, is sopas as die Natuurfoto van die Jaar aangewys.

“Station squabble” deur Sam Rowley, Verenigde Koninkryk

Sam Rowley se foto was ʼn finalis saam met verskeie ander indrukwekkende foto’s van onder andere ysbere, flaminke, ʼn takbok, bruinbeer en luiperds.

Rowley se foto, “Station Squabble” is uiteindelik as die wenner aangewys in LUMIX se People’s Choice-toekenning op die Natural History Museum se webwerf. Rowley moes plat op sy maag op die moltreinplatform gaan lê om vir die muise te wag. Die “bakleiery” oor stukkies kos wat pendelaars laat val het, het ʼn breukdeel van ʼn sekonde geduur voor een van hulle met die krummel weggehardloop het.

Altesaam 25 foto’s is op ʼn kortlys geplaas uit 48 000 inskrywings (uit 100 lande) en die publiek se gunstelingfoto is Woensdag as die wenner aangewys.

“Ek is baie dankbaar om dié toekenning te ontvang,” het Sam gesê. “Dit was nog altyd my droom om op een of ander manier in dié kompetisie sukses te behaal. Ek hoop [die foto] wys mense die onverwagse drama wat in bekende stedelike omgewings gesien kan word.”

Klik hier om meer te lees oor Sam se uitdagings om die foto te neem.

Sam se foto en van die ander inskrywings is tot 31 Mei 2020 te sien by die Wildlife Photographer of the Year-uitstalling by die Natural History Museum in South Kensington.

Vier ander foto’s het ook eervolle vermelding ontvang:

Losing the Fight deur Aaron Gekoski

Matching Outfits deur Michel Zoghzoghi

The Surrogate Mother deur Martin Buzora

Spot the Reindeer deur Francis De Andrés

Hier is nog ʼn paar finaliste:

“A suitable gift” deur Marco Valentini, Italië

“Winter’s tale” deur Valeriy Maleev, Rusland

“Inquisitive” deur Audun Rikardsen, Noorweë

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Sandra ·

Al die fotos is so mooi. Die hartseerste een is die een van die Orangoetang. So hartseer dat hulle daagliks so sleg behandel word. Die storie moet permanent verban word. Hulle hoort in die natuur, en indien dit nie moontlik is nie, in goeie omstandighede in kaptiwiteit.

Sarah ·

Pragtige fotos! Maar ek dink die muise verdien dit, dis n natuurlike foto wat die fotograaf definitief nie kon kies hoe hulle moet lyk of maak nie.

Agter die skerms..... ·

Pragtige fotos. My suster se dogter wil eendag fotogravie gaan studeer. Sy is al klaar aangele vir dit – neem die pragtigste fotos wat sy al neem. En die fotos praat met mens.

Louise ·

Regtig baie mooi fotos, ek sou nie kon besluit wie moes wen nie.

Skertjie ·

Te kostelik…. ek hoop albei het darem ietsie te ete gekry intussen

AmandaDup ·

Pragtige foto’s maar die muise is beslis waardige wenners.

katerinadiekat ·

Daardie muisfoto is absoluut briljant! Ek is ook mal oor die “Surrogate Mother” die foto met die renoster baba. So mooi. It touches my heart.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.