Mummie se ‘Adidas’ het kuberruim aan die gons

'n Paar moderne Adidas-seilskoene op die insetsel vergelyk met die "Adidas"-skoene aan die mummie (Mummie-foto: Khovdmuseum)

‘n Paar moderne Adidas-seilskoene op die insetsel vergelyk met die “Adidas”-skoene aan die mummie (Mummie-foto: Khovdmuseum)

Die mummie van vermoedelik ’n vrou wat 1 500 jaar gelede oorlede is, en hoog in die Altai-berge in Mongolië begrawe is, het die kuberruim, en veral Twitter op hol weens haar skoene wat soos ‘n hedendaagse paar Adidas-tekkies lyk.

Onder die “verklarings” vir die besondere skoeisel is onder ander reis deur tyd (“timetravel”) of dat dit ’n reklamefoefie van Adidas is.

Terwyl die een samesweringsteorie na die ander afgestof word, hou die argeoloë vol dat dit bloot dui op die besondere vakmanskap van die mense van destyds in die omgewing. ’n Groot hoeveelheid goedere is saam met die mummie uit die graf gehaal, wat wel op gevorderde vakmanskap dui.

In die artikel in die Siberian Times wat die vonds aanvanklik wêreldkundig gemaak het, word glad nie na die skoene verwys nie. Een van die foto’s toon egter die skoene, wat na berig word baie soos Adidas lyk.

By die leserskommentaar het een van die lesers wel na die besondere skoene verwys en opgemerk dat dit lyk of dit deur ‘n fabriek gestik moes gewees het. ’n Ander leser, wat homself as kenner van antieke tekstiel beskryf, wys egter daarop dat dit handgestik is en nie besonders is nie.

Hierna het die een teorie na die ander het mekaar snel op die kuberruim opgevolg.

Maar die argeoloë hou vol die skoene is bloot die produk van die tyd en plek.

Lees meer: The Siberian Times, Interesting Engineering, Oregon Live

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

16 Kommentare

Kiepie ·

Ja, hulle sê mos daar is niks nuuts onder die son nie :-)

herman ·

Die sogenaamde geleerdes wat iets so bekyk en besluit dit is 1500 jaar oud gee my n kramp .
Nou praat almal oor die tekies en niemand dink aan die 1500 jaar lieg nie .

Ek kan nog onthou toe ek as kind n fiets en n paar tekkies vir my 300ste verjaarsdag gekry het en dit was 451 miljoen jaar gelede

SkarrelKind ·

he he … ek het jou kommentaar verfrissend gevind Herman, maar daar is redelike goeie bewyse en metodes beskikbaar om nogals akkuraat te bepaal hoe oud sulke vondse is. Dit vir my heel interessant om sulke stories te volg, alhoewel ek nie glo die mummei dra Adidad nie!

DD ·

Herman, nou praat jy waar. Die “geleerdes” speel maar net raai raai riepa oor die ouderdom van hulle sogenaamde “ontdekkings”. Dit is dalk die groot lieg wat ondersoek moet word, eerder as die skoene.

Francois Kroukamp ·

Wat laat jou dink die 1500 jaar is n lieg. Dit is reeds 2016 jaar na Christus

SNEL ·

Ja-nee Herman, ek is met jou, en wat net so erg is; as die wetenskaplikes “beweer” of “vermoed”, dan word daai twee woorde as “beslis” en “versker” gevat en almal glo dit kan nie hoog of laag nie, dit is nou soos die manne met die wit jasse sê, en dis n ge-oe en ge-A oor alles wat dan gesê word.

bernard ·

hoe weet die liegbekkers hoe lank die vrou oorlede is as ek so na die tekkies kyk?

Ronell ·

As ek na ‘n paar van die kommentare kyk, kan mens maar net wonder….eleventy twelf?

SkarrelKind ·

Ronell – ek wil net graag volhartig met jou saamstem, want regtig waar …. ?!

Pieter ·

Ek wil net graag weet of sy haar Tekkie Tax vir 27 Mei 2016 betaal het?

E ·

Het nou so lekker gelag vir al die comments.
Lyk amper soos gewone vel skoenne wat met die hand gestik en met linte of tou bo vasgemaak is.Kan nie sien dat daar ooreenkoms met adidas is nie.

Pieter ·

Indien sy Nike’s aangehad het, sou sy nie op die berg verkluim het.

KLEIN ·

Het ook gehoor van `n geldstuk met `n datum 1500VC (voor Christus) op.
Hoe het hulle geweet Christus gaan 1500 jaar later gebore word.

Cherokee ·

Geen rede om te dink Adidas het nie daardie jare tekkies gemaak nie en geen van hierdie grootpraters het die moeite gedoen om Adidas te vra om hul argiewe deur te kyk, nie. Miskien sal hul ou eksterne hardeskywe vir verrassings sorg.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.