München-skieter het mense glo só na winkelsentrum gelok

'n Vrou sit blomme buite die Olympia-winkelsentrum in München, Duitsland neer. Foto: AP Photo/Kerstin Joensson

‘n Vrou sit blomme buite die Olympia-winkelsentrum in München, Duitsland neer. Foto: AP Photo/Kerstin Joensson

Die skieter wat Vrydag lukraak in ʼn winkelsentrum in München, Duitsland, op mense losgebrand het, het glo vooraf Facebook gebruik om mense na die winkelsentrum te lok.

Robert Heimberger, ʼn woordvoerder van die polisie se ondersoekspan, het gesê dit blyk dat die skieter by ʼn meisie se Facebook-rekening ingebreek het en sonder haar medewete boodskappe aan mense gestuur het waarin hy hulle aanmoedig om na die Olympia-winkelsentrum te gaan waar hulle “ʼn gratis geskenk sal ontvang”. Heimberger het gesê die vrou het kort nadat die boodskappe gestuur is, aangemeld dat haar rekening onder ʼn kuberaanval deurgeloop het.

Verskeie internasionale media het die skieter as die 18-jarige Ali Sonboly geïdentifiseer. Hy is ʼn Duitser van Irannese afkoms. Intussen het Steinkraus Koch, ʼn staatsaanklaer, tydens ʼn nuuskonferensie gesê polisiebeamptes het verskeie boeke oor massaskietvoorvalle in Sonboly se slaapkamer gevind.

Die pa van een van die slagoffers wys Saterdag (23 Julie 2016) 'n foto van sy seun buite die Olympia-winkelsentrum in München, Duitsland. Foto: AP Photo/Sebatian Widmann

Die pa van een van die slagoffers wys Saterdag (23 Julie 2016) ‘n foto van sy seun buite die Olympia-winkelsentrum in München, Duitsland. Foto: AP Photo/Sebatian Widmann

Die polisie hou egter vol hulle kon die skieter nog geensins met die Islamitiese Staat (Isis) verbind nie en daar is nog geen bewyse dat die voorval terreurverwant was nie. Daar is ook nog geen verband gevind met die vlugtelingkwessie nie.

Maroela Media het vroeër berig nege mense is dood en ten minste 16 gewond in die voorval. Volgens die polisie was die skieter met ʼn 9 mm-Glock-pistool bewapen en het 300 patrone by hom gehad. Die skieter het homself sowat 1 km van die winkelsentrum af doodgeskiet.

Peter Beck, ʼn plaaslike polisiebeampte, het gesê die polisie was steeds besig om bewyse op die toneel te versamel. “Ons moet alles wat verband hou met die verdagte ondersoek, maar ons weet steeds nie wat aanleiding tot die misdaad gegee het nie.”

Lees alle berigte oor die München-skietery op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

johann cb ·

Só jonk en só vol wraak! Onskuldige mense moet dit ontgeld. Dan vra ek ook dikwels…HOEKOM?

JC ·

Ek lag te lekker vir hierdie dom Europeers,veral daardie Merkel affere! Jammer onskuldige mense moet hierdie doof-stom-dom politici se politiese spel ontgeld!!

JC ·

Ek lag te lekker vir hierdie dom Europeers,veral daardie Merkel affere! Jammer onskuldige mense moet hierdie doof-stom-dom politici se politiese korrekte spel ontgeld!!

R. Barnard ·

Wel natuurlik was hy nie deel van ISIS nie, hy is dan van Iran af, ISIS is sunni moslems, Iran shi’a en die sunnis blaas elke dag hope shi’a op met selfmoord bomme ens. Hemel hoe dom dink die internasionale media is ons? Hulle is vyande.

Cherokee ·

Wat is die verskil tussen moslems en moslems? Moet nie my vraag verkeerd lees nie, dit is ‘n ernstige vraag. Volgens media-berigte lyk dit asof moslems uit verskillende wêrelddele by ISIS aansluit en asof dit moeiliker is om weg te breek as om aan te sluit. Dit blyk egter ook somtyds asof daar veel groter verskille is tussen verskillende faksies as die waaraan ons gewoond is tussen verskillende kerkgenootskappe in die Christelike geloof.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.