München-skietery: 16-jarige vas

Foto: AP Photo/Jens Meyer

Foto: AP Photo/Jens Meyer

Die polisie in München, Duitsland, het ʼn 16-jarige seun in hegtenis geneem in verband met Vrydagaand se aanval in ʼn McDonald’s-restaurant waarin nege mense dood en minstens 35 beseer is.

Volgens die polisie is die 16-jarige ʼn vriend van die aanvaller en was glo bewus van sy vriend se voorneme. Die verdagte het glo ná die skietery met die polisie in verbinding getree, maar daar was teenstrydighede rakende sy verklaring oor die voorval.

Die 18-jarige skieter, wat intussen as Ali Sonboly geïdentifiseer is, het ʼn pistool en ʼn rooi rugsak by hom gehad toe hy omstreeks 17:50 (plaaslike tyd) na willekeur in ʼn McDonald’s-restaurant by die Olympia-winkelsentrum begin skiet het. Hy het gevlug en homself glo sowat 1 km van die winkelsentrum af doodgeskiet.

Volgens die polisie het Sonboly langer as ʼn jaar aan die aanval beplan. Hy het in 2015 na ʼn skool gereis waar daar ses jaar vantevore ʼn massaskietery was. Sonboly, die seun van Irannese asielsoekers, is verlede jaar vir twee maande in ʼn psigiatriese hospitaal vir “sosiale fobies” behandel.

Sonboly het ook uitgebreide navorsing gedoen oor Anders Behring Breivik wat vyf jaar gelede in Noorweë 77 mense vermoor het.

Van die slagoffers is kinders en drie van die 16 mense wat gewond is, is in ʼn kritieke toestand. Duitse media het aanvanklik berig dat 15 mense doodgeskiet is, maar teen Saterdag het dit geblyk dat die amptelike dodetal nege is.

Lees alle vorige berigte oor die München-skietery op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Theresa B ·

Hoe verskriklik. En so jonk. Die duiwel is in menige mense se siele. Angswekkend!!

SNEL ·

M Kruger, ons stryd is nie teen vlees en bloed nie, maar teen die bose magte in die lug. Invloed van verkeerde speletjies, musiek, flieks, you name it. Dit kan n demonisie infultrering in n persoon se lewe hê. Die manier van opvoeding of dinge waaraan die kinders bootgestel was, is nog n rede, en dit kan ook deur die vyand grbruik word. Om te karring met verkeerde goed maak n deur oop vir die vyand om in so lewe te werk. Hierdie kinders het dat gedagtes oor massa moorde oorneem in hul gedagtes. Gedagtes moet onder God se beheer gebring word, maar hulle het dat bose gedagtes broei. As jy nie onder God se Wil en beskerming is nie, is jy bootgestel. Dis waar die Christen se wapenrusting inkom. Sulke gedagtes om so daad te pleeg kom beslis nie van God af nie en as dit nie van God af kom nie, dan kom dit van die satan soos Teresa B dit sê.

Jools ·

Google “radical Islam terrorism” en hou op bollie praat.

SNEL ·

Jools, daar is twee kante, jy glo in God of jy volg die duiwel, daar is geen grys area; so glo Islam in God? Nou weet jy wie sit agter die aanvalle. Die meslike oog sien Islam, maar daar is iets diepers wat die aanvalle aanroer. Die Bybel sê ons stryd is nie teen vlees en bloed nie, maar teen die bose magte. So nie teen Islam, maar teen die mag wat hulle dryf, die satan. Miskien praat ek in jou oë weer bollie, maar net gedink om jou te sê dat ek nie my antwoord by Google gekry het nie, maar by die Woord van God.

lynette ·

Goeie genade, M Kruger, as jy nie die som kan maak nie, kry ek jou jammer!!!!

Bonsmara ·

Daar was intussen nog 2 aanvalle, maar net sekere media gee daaroor verslag.

Donovan ·

Europa het die grense oop gestel vir die so genaambe vlugtelinge… Hoeveel ISIS manne en vroue het saam daardie massas deur gekom en tuister Europa… Wees verseker die is maar net die begin van hulle nagmerrie… Die voete van klei en staal gaan nou verkrummel en dan gaan die antichris opstaan… al die goed moet gebeur en wees verseker dit gaan nog rof raak in Europa…

SNEL ·

Dankie Donovan vir jou gedeelte, jy het dit nou mooi gestel.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.