München-skietery: Getal beseerdes nou 35

Mense sit blomme buite die Olympia-winkelsentrum neer ter herinnering van die slagoffers van die skietery Vrydag, 22 Julie 2016. Foto: AP Photo/Jens Meyer

Mense sit blomme buite die Olympia-winkelsentrum neer ter herinnering van die slagoffers van die skietery Vrydag, 22 Julie 2016. Foto: AP Photo/Jens Meyer

Die getal mense wat Vrydag beseer is nadat ʼn skieter op mense in ʼn McDonalds-restaurant in München, Duitsland, losgebrand het, het intussen tot 35 gestyg. Nege mense is in die aanval dood.

Die Duitse polisie het Sondag bevestig dat enkele van die mense beseer is nadat paniek in die Olympia-winkelsentrum uitgebreek het toe skote afgevuur is. Die meeste van die oorledenes is tieners uit immigrant-families.

Die 18-jarige skieter, wat intussen as Ali Sonboly geïdentifiseer is, was glo ʼn gretige leser van boeke en artikels oor massa-skietvoorvalle, insluitend aanvalle in Noorweë wat sowat vyf jaar gelede plaasgevind het. Polisiebeamptes wat Sonboly se kamer deursoek het, het op ʼn Duitse weergawe van die boek Why Kids Kill: Inside the Minds of School Shooters afgekom.

Lede van die polisie se spesiale taakspan Saterdag (23 Julie 2016) buite die Olympia-winkelsentrum. Foto: AP Photo/Kerstin Joensson

Lede van die polisie se spesiale taakspan Saterdag (23 Julie 2016) buite die Olympia-winkelsentrum. Foto: AP Photo/Kerstin Joensson

Volgens ooggetuies en beeldmateriaal wat met selfone opgeneem is, word daar afgelei dat Sonboly waarskynlik ʼn haat teenoor buitelanders gekoester het. Hy is in Duitsland gebore as die seun van Iranse asielsoekers.

Maroela Media het vroeër berig Sonboly het voor die skietery glo mense deur Facebook na die winkelsentrum gelok deur hulle ʼn gratis geskenk aan te bied.

Lede van die ondersoekspan het steeds nie amptelik op ʼn motief vir die voorval besluit nie, maar Thomas de Maiziere, Duitse minister van binnelandse sake, het bevestig dat Sonboly vir depressie behandel is en dat hy erg op skool geboelie is.

Lees alle vorige berigte oor die München-skietery op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

3 Kommentare

jongste oudste gewildste
Pietman

Die wêreld brand.

KarooKlong

Chimp sien, chimp doen.
Kinders leer uit boeke, dan nie?
My 2sent oor daardie tipe boeke.

Renier

23/7/2016 = 2+3+2/7/1+6=7/7/7.