ʼn Seeskilpad is Dinsdag in Thailand dood aan bloedvergiftiging ná ʼn tweede operasie.
Die skilpad is vroeër vandeesmaand geopereer om 915 munte uit die skilpad se maag te verwyder. Vyf veeartse van Bangkok se Chulalongkorn-universiteit het die operasie uitgevoer, wat die eerste van sy soort ter wêreld was.
Na die sewe ure lange operasie op 6 Maart het dit gelyk asof die skilpad goed herstel, maar Saterdag het sy egter begin verswak en die veeartse het vasgestel haar dunderm het gedraai. Sy het tydens die noodoperasie in ʼn koma verval.
Nantarika Chansue, een van die veeartse, het gesê die oorsake is bloedvergifting, wanvoeding en stres. “Ons het ons bes probeer, maar ons kon haar nie red nie.”
Lees meer hier oor die eerste operasie.
Solank die toeriste “wishing wells” het sal dit bly gebeur.
arme, arme skilpad…
Wens hulle was so erg oor honde
Die mens wat oor die diereryk aangestel is om na hulle om te sien, saai ‘n pad van verwoesting en uitwissing. Swak!!