Musk sê hy sou Twitter-verbod op Trump ophef

(Skermgreep: Twitter)

Elon Musk het gesê hy sou Twitter se verbod op oudpres. Donald Trump ophef.

Volgens Musk het Twitter se besluit om die voormalige Amerikaanse president van die platform af te skop “ʼn groot deel van die land vervreem”.

“Ek sou die permanente verbod omkeer,” het die miljardêr op ʼn Financial Times-konferensie gesê en daarop gewys dat hy nog nie Twitter besit nie, so “dit is nie iets wat definitief sal gebeur nie”.

Die Tesla-hoof se $44-miljard-transaksie om Twitter te koop moet steeds die steun van aandeelhouers en reguleerders kry. Musk meen daar moet minder inhoudmoderering plaasvind en dat gebruikers eerder net vir ʼn kort rukkie verbied moet word om aktief te wees in plaas daarvan om heeltemal verbied te word.

Trump is van Twitter en ander aanlynplatforms geskop nadat die Amerikaanse kongresgebou op 6 Januarie 2021 aangeval is.

Elon Musk. (Foto: Jim Watson/AFP)

“Ek dink dit was ’n fout omdat dit ’n groot deel van die land vervreem het, en nie uiteindelik daartoe gelei het dat Donald Trump nie ’n stem gehad het nie,” het Musk gesê.

Hy hou vol dat ʼn permanente verbod vertroue in Twitter as ʼn aanlyn dorpsplein waar almal gehoor kan word, ondermyn.

“Dit beteken nie dat mense enigiets kan sê wat hulle wil nie.

“As hulle iets sê wat onwettig is of andersins net vernietigend vir die wêreld is, dan moet daar dalk ʼn afkoelperiode wees, ʼn tydelike skorsing, of daardie spesifieke twiet moet onsigbaar gemaak word of baie beperkte aantrekkingskrag hê.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

Sylvi ·

Vir elke aksie is daar ‘n gelyke en teenoorgestelde reaksie. Tipies wil Musk dit nie insien nie

Amelia ·

Maar Sylvi, wat dan van die aksie om Trump te verban? Het dit dan nie ook ‘n gelyke en teenoorgestelde reaksie nie? So min ooghare soos wat ek vir die vent het (dis nou Trump) kan dit sekerlik nie reg en regverdig wees om ‘n leier waarvoor meer as die helfte van Amerikaners gestem het ‘n stem op die platform totaal te ontneem nie. Watter gevolge hou so ‘n stap in vir die eenheid van hulle land? Vir die aanblaas van haat teenoor die ander? Wanneer ‘n mens in vryheid van spraak glo, moet jy ook die vryheid van jou teenstanders kan verdedig om dinge te mag kwytraak waarmee jy nie saamstem nie.

Manie ·

Wat het nou van sy vorige opmerking geword dat dit ‘n absolute vryspraak forum moet wees, waar elkeen presies kan sê wat hy/sy wil en dat deelnemers enige verskille onder mekaar moet uitklaar?

Deon ·

Ek dink hy is besig om vir hom n warm patat te koop… Hy begin al klaar “terug krabbel” teenoor wat hy gese het oor vry spraak en twitter is nog nie eers in sy sak nie.

Anna-marie ·

Ek vermoed die verkiesing van Trump in die 2020 verkiesing tot president van die VSA was gekeer/saboteer deur die Clinton-Obama-Nuland-Blinkin-Biden neocons omdat die oorlog met Rusland toe al op hul boeke was. Trump sou nie toegelaat het dat daar oorlog met Rusland plaasvind nie.

A ·

Jy bedoel die ou wat in n staat van beskuldig geplaas was omdat hy wapens gekeer het na die Oekraïne moes gegaan het.

Die ou wat gepleit het dat Rusland terug in die G7 toegelaat word.

Die ou wat glo die Krimea behoort aan Rusland.

En bo en behalwe dit, noem jy dit n ‘oorlog’. Wat het geword van dat dit n spesiale militêre operasie is?

Gaitsigubib ·

Musk het nou uitgevind dat George Soros se Open Society foundation en die Clinton foundation het probeer konkel dat hy nie twitter moet/ kon koop nie. Die Open society is in Ukraine gestig. Om korupsie te beveg was kastig hul doelwit daar. Hulle help tans (maar ontken dit natuurlik) die Azov battalion in die oorlog teen Rusland. Hulle is Nazi’s wat n appel te skil het met Rusland sederd WW2. Soros is n Jood sonder n gewete. Clinton se gekonkel is te veel om hier te noem. Die Biden Crime family het belange gehad in die gasmaatskappy, Burisma in Ukraine. Pres Biden het Zelenskyy egter ge- blackmail om die ondersoekbeampte in Ukraine uit sy pos te ontslaan. Hy vlug intussen vir sy lewe (nie vir die Russse nie).Trump wou hierdie duiwelse gemors ontbloot het vir wat hulle is. CNN, die media en die demokrate se nuwe “department of misinformation” se egter hierdie is als “misinformation”!

Anna-marie ·

Dit is waar wat jy hier sê. Die hoofstroommedia hou al hierdie dinge weg vir die gewone mense. S0R0S het ook ons justisie departement probeer omkoop in die tyd toe Mogoeng Mogoeng hoofregter was in SA. Mogoeng het gewyer. Dit was op ‘ Youtube video (seker nou verwyder). S0R0S is Rusland belet deur Putin. S0R0S het ook in gemeng om te probeer te verhoed dat Victor Orban die verkiesing wen in Hongarye.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.