Musk se Twitter-transaksie tydelik uitgestel

Elon Musk (Foto: Ryan Lash / TED Conferences, LLC / AFP)

Elon Musk het Vrydag aangekondig dat hy sy langverwagte transaksie om Twitter te koop tydelik uitgestel het. Dit het tot gevolg gehad dat die prys van aandele in dié sosialemediareus gedaal het.

“Die Twitter-transaksie is tydelik opgeskort hangende besonderhede wat die berekening ondersteun dat strooipos of vals rekeninge inderdaad minder as 5% van gebruikers verteenwoordig,” het Musk op Twitter geskryf.

Musk, die wêreld se rykste man en stigter van die motorvervaardiger Tesla, het die uitroei van strooiposrekeninge en vals rekeninge een van die vernaamste punte van sy voorgestelde $44 miljard-oorname (R711 miljard) van Twitter gemaak.

Toe die ooreenkoms aan die einde van April aangekondig is, het hy gesê hy wil Twitter “beter as ooit” maak deur “die vals rekeninge uit te roei en alle gebruikers te verifieer”.

Maar Musk se potensiële rentmeesterskap van die sosialemediaplatform verloop nie seepglad nie.

Musk het Woensdag gesê hy sal ontvanklik wees vir die opheffing van ’n verbod op voormalige pres. Donald Trump wat ingestel is ná die aanval op die Amerikaanse Kongresgebou op 6 Januarie 2021.

Aktivistegroepe het ’n beroep op adverteerders gedoen om die platform te boikot as Musk die hekke vir “plasings wat verkeerde inligting versprei en beledigend is” oopmaak.

Vrydag se aankondiging het aandele met 20% laat daal in vroeë elektroniese handel voordat Wall Street geopen het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Jaco ·

En as Elon Musk in SA aangebly het, sou al sy besigheidsplanne afgeskiet gewees het met “jy kan dit nie doen nie net omdat jy wit is” of “jy kan dit nie doen nie want jy pas nie regstellende aksie en BEE in jou besigheid toe nie”. Ek wens ek kan wegkom uit dié aaklige anti-wit SA. Eks ongelukkig te oud en te arm daarvoor.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.