Musk skerts oor ‘bedanking’

Elon Musk. (Foto: Odd Andersen/AFP)

Tesla-baas Elon Musk het Vrydag op Twitter geskerts hy oorweeg bedanking, ure ná hy nóg ʼn rits aandele in sy maatskappy verkoop het.

“Ek dink daaraan om my werke te bedank en ʼn voltydse beïnvloeder te word, wat dink julle,” het Musk aan sy 65 miljoen Twitter-volgelinge geskryf in ʼn skynbare grappige twiet wat reeds byna 310 000 keer ge-“like” is.

Buiten Tesla is Musk ook die uitvoerende hoof van SpaceX, wat hy in 2002 gestig het. Hy is bekend daarvoor dat hy omstrede uitlatings op sosiale media maak.

Die rykste mens in die wêreld het Donderdagaand net meer as 934 000 aandele in Tesla verkoop, aldus dokumente wat by die Amerikaanse aandelereguleerders ingedien is. Dit is sowat $963 miljoen (meer as R15,3 miljard) werd. Hy het ook sy reg uitgeoefen om aandele-opsies teen $6,24 per aandeel aan te skaf.

Musk wou verlede maand in ʼn peiling op sy Twitter-profiel weet of mense dink hy moet 10% van sy aandele in Tesla verkoop. Meeste mense wat reageer het, het gesê hulle dink hy moet dit doen. Ten minste sal ʼn deel daarvan gebruik word om belasting te betaal, het ʼn paar volgelinge gesê. Sedert dié meningspeiling het Musk reeds meer as 11 miljoen aandele in Tesla verkoop.

Tesla-aandele was Vrydagoggend 0,8% laer op $996 voor die openingsklok gelui het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Johan ·

Musk is ń briljante entrepuneer,ex SA’er,wat in die VSA soos ń hond behandel word,blykbaar omdat hy nie die Demokrate ondersteun nie,veral nie oupa Biden nie. Elon,ek smeek jou,gaan verryk Europese lande soos Nederland,maak net seker dat jy elke sent saam neem,alles wat jy besit,ook jou tegnologie!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.