Mynwerker glo met diamante betrap

Argieffoto

Argieffoto

ʼn Werknemer by een van Zimbabwe se grootste mynmaatskappye het glo probeer om diamante in ʼn balpuntpen uit die aanleg te smokkel, het die Manica Post Vrydag berig.

Shakespeare Marange (26) het vandeesmaand tydens sy skof die edelgesteentes glo in swart insulasiekleefband toegedraai en dit toe in die pen gedruk. Hy werk as ʼn elektrisiën by die Mbada-diamantmynmaatskappy se aanleg in die ooste van Zimbabwe.

Hy moes aan die einde van sy skof deur ʼn skandeerder stap en die beamptes het opgelet dat hy iets probeer steel, het die koerant berig.

Marange het in die hof verskyn op aanklag van diefstal en die besit van diamante sonder ʼn permit.

Mbada is een van die grootste maatskappye in die Marange-distrik. ʼn Kanadese waghondmaatskappy het in 2013 gesê diamante van meer as $2 miljard is reeds sedert 2008 uit die land gesmokkel.

President Robert Mugabe se regering het vroeër vandeesmaand aangekondig dat hy diamantmyne wil nasionaliseer.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.