’n Derde van wêreld se grondwaterkomme is onder druk

Argieffoto

Argieffoto

Verskeie van die wêreld se grootste natuurlike ondergrondse waterreservoirs word vinniger uitgeput as wat dit aangevul word, blyk uit navorsing van die Universiteit van Kalifornië se Irivine-tak.

Die navorsers het twee navorsingsverslae in die vaktydskrif Water Resources Research gepubliseer. In sommige gebiede is miljoene mense van die water in hierdie reservoirs afhanklik. In Saoedi-Arabië en omgewing is dit 60 miljoen mense.

Die navorsers het tien jaar se data van veral twee satelliete, die NASA Gravity Recovery and Climate Experiment-satelliete gebruik. Ongelukkig was dit nie met hierdie metode moontlik om vas te stel hoeveel water nog in die reservoirs oor is nie. Daar kon wel vasgestel word of die water wat onttrek word hoegenaamd weer aangevul word, of gedeeltelik of selfs voldoende aangevul word.

Lees UCI se volledige mediaverklaring en die berig in Trouw.

Klik hier om die grafika volgrootte af te laai.
uci_news_image_download

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

nig ·

En dan word dit wat wel nog oor is gedurig besoedel deur myne, boerderybedrywighede wat gif en gemors laat in riviere ingaan, riool – die lys is lank.

Peet Schabort ·

Sedert die aarde se bestaan is daar ‘n sekere hoeveelheid water wat nie aangevul kan word. Dit wat daar is is dit wat daar is en dit is dit.
Wat nou interessant is is dat daardie water wat in hierdie reservoirs makeer moet iewers wees. Is dit nou in ander ‘gate’ in die aarde, is dit versprei in damme of is dit ‘drywend’ in wolke .
Die mens is ‘n wonderlike ding wat baie dinge kan regkry of wegkry. Die eerste regkry is om nie water te kan maak. Die ‘wegkry’ is die besoedeling van ons waterbronne.
Ons sit met o.a. munisipaliteite wat rou riool vrylik uitpomp in spruite, riviere en damme.
Dis hierdie mense wat nie eers riool kan bestuur wat dan probeer om ‘n munisipaliteit te bestuur wat ook landsbestuur insluit.
In die grondwet (wat dit werd is) staan daar onder Plaaslike Regering (PR), Hoofstuk 7 ook die vlgde:
PR is daar om ‘n veilige- en gesonde omgewing te bevorder
EN OMDIE BETROKKENHEID VAN GEMEENSKAPPE EN GEMEENSKAPSORGANISASIES IN PR-AANGELEENTHEDE AAN TE MOEDIG.
Dis hier by laasgenoemde waar jy nie welkom is. Vra my want ek praat van ondervinding toe Carte Blanche ‘n opname gemaak het van die Vuildam, (verskoning VAALDAM) waar ek ‘n potjie geloop het met ‘n munisipale woordvoerder.
Ons sal moet begin druk uitoefen om ons waterbronne te red.
Met dank aan Maroela, kyk vanaand om 7 nm na Carte Blanche terwyl jy jou drinkwater afkomstig van die VAALDAM drink.

Theresa ·

Ja nee – So gaan alles ten gronde wat deur hulle hande gaan…………….. (Maar alles is maanskyn en rose na 1995).

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.