‘’n Groot ramp’: 36 dood ná brande in Hawaii

Só lyk Lahaina, Hawaii, nou. (Foto: Richard Olsten / AFP)

Die Amerikaanse president, Joe Biden, het Donderdag die staat Hawaii tot rampgebied verklaar nadat vernietigende veldbrande ’n hele kusdorpie in puin gelê en die lewe van 36 mense geëis het.

Daar word boonop verwag dat die dodetal sal styg.

Veldbrande aan Maui se weskus – aangevuur deur hoë winde van ’n orkaan wat na die suide beweeg – het Dinsdag uitgebreek en die kusdorpie Lahaina vinnig verswelg. Duisende inwoners moes sedertdien inderhaas na veiligheid gebring word.

Besoekers word intussen gemaan om so gou moontlik pad te gee.

Talle mense is sedertdien gestrand weens gekansalleerde vlugte in Hawaii. (Foto: (Patrick T. Fallon / AFP)

Inwoners van Lahaina sê nou dit gaan jare neem vir die dorpie om te herstel.

Biden se verklaring dat dit “’n groot ramp” is, beteken egter dat die federale regering finansiering sal verskaf om te help met noodledigingspogings.

Aja Kirksey, bevelvoerder van die Amerikaanse kuswag, het aan CNN gesê ongeveer 100 inwoners van Lahaina het die see ingehardloop om aan die vlamme te ontsnap. Meer as 50 mense is sedertdien met ’n vaartuig van die kuswag uit die water gehaal.

Só lyk Lahaina, Hawaii, nou. (Foto: Richard Olsten / AFP)

“Dit was ’n snel ontwikkelende toneel en traumaties vir die slagoffers wat in die water moes spring,” het Kirksey gesê.

Sommige inwoners voel egter hulle is heeltemal op hulself aangewese.

“Ons het mense uitgetrek … Ons probeer menselewens red, en ek voel dat ons nie die hulp kry wat ons nodig het nie,” het inwoner Kekoa Lansford aan CBS gesê. “Ons kry steeds liggame wat in die see dryf.”

“Met lewens wat verlore en eiendomme wat vernietig is, treur ons saam met mekaar gedurende hierdie ontroosbare tyd. Ons sal sterker wees (as ’n gemeenskap) in die dae wat voorlê,” sê burgemeester Richard Bissen in ’n video op Facebook.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

annie ·

Is dit nie klimaatsveranderingsaktiviste wat deesdae ook brande stig nie? Hoewel die klimaat gedurigdeur verander is dié skielike erge vlamme oraloor net te erg. Kwaaddoeners kry nou hulp van wetenskaplikes.

Alexander ·

Onthou jy hoe winteroggende nog in die 90s gelyk het, kan jy nie die ‘change’ raaksien nie???

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.