’n Kersverhaal uit ’n ashoop

Gabriel Silva en die Kersfeesboom wat hy op die ashoop gevind het (1 Desember 2021) Foto: Joao Paulo Guimaraes/AFP)

ʼn Onwettige ashoop klink soos ʼn onwaarskynlike toneel vir ʼn Kersverhaal, maar dit is presies wat in Pinheiro, maar toe ʼn fotojoernalis die 12-jarige Gabriel Silva afgeneem het toe hy ʼn Kersboom uit die rommel gehaal het, het die foto vinnig versprei.

Gabriel woon saam met sy ma en twee ouers broers in ʼn klein modderhuisie langs die ashoop in Pinheiro, in die noordooste van Brasilië.

Dit is ʼn ontstellende landskap van verrottende afval en plastiek waar talle asblikgrawers met aasvoëls, katte, honde en vee meeding vir stukkies kos.

Gabriel was, soos meeste dae ná skool, op 8 November saam met sy ma en hulle het deur die vuilgoed gegrawe. Hy het op ʼn blou plastieksak afgekom met ʼn klein nagemaakte Kersboom daarin.

“Ek het nog nooit vantevore ʼn Kersfeesboom gehad nie,” het hy gesê.

Fotograaf Joao Paulo Guimaraes het presies die oomblik op film vasgelê waar Gabriel met ʼn onpeilbare uitdrukking op sy gesig staan. Dit is asof die hemplose jong asblikgrawer onseker was wat om met sy vonds te doen: dit het die kind in hom nuuskierig gemaak, maar dit kan nie enigiets doen om sy gesin te voer nie.

Maar toe word die foto wyd op sosiale netwerke versprei en die klein plastiekboompie het in ʼn onverwagse Kersgeskenk verander.

Gabriel en sy gesin se grondvloerhuis het nou ʼn yslike blink Kersfeesboom – nie die een van die ashoop nie, maar ʼn geskenk van iemand wat deur die foto geraak is. Dit is net een van die donasies wat die gesin ontvang het.

Gabriel Silva in hul huis in Pinheiros, Maranhao in Brasilië (10 Desember 2021) (Foto: Joao Paulo Guimaraes/AFP)

“Ons het klere, matrasse, mandjies kos ontvang,” sê Gabriel se ma, die 45-jarige Maria Francisca Silva. “Dank God, ons sal hierdie jaar Kersfees goed kan klaarkom.”

Daar was ook geld, danksy aanlyn skenkings – ʼn groot geskenk vir Maria wat ongeveer 600 Brasiliese real (sowat R1 700) per maand verdien deur herwinbare materiaal van die ashoop te verkoop. Die gesin hoop om hul droom te vervul om eendag ʼn werklike huis te kan bou.

Gabriel Silva in hul huis in Pinheiros, Maranhao in Brasilië (10 Desember 2021) (Foto: Joao Paulo Guimaraes/AFP)

Een wens, waaroor hulle al lank gedroom het, is wel bewaarheid danksy ʼn bykomende donasie van 500 real – om ʼn hidroliese pomp te installeer wat water uit hul put kan pomp. Hulle kan nou die tou en emmer vervang wat hulle gewoonlik moet gebruik.

Gabriel se gunstelinggeskenk is egter ʼn fiets wat hy van ʼn onderwyser by sy skool ontvang het.

Hy spandeer meeste van sy vrye tyd saam met sy ma op die ashoop. “Ek kies om hom eerder saam met my te bring. As ek hom los om in die straat rond te hardloop, kan hy dalk by dwelms betrokke raak, of iets doen wat hy nie moet nie,” sê Maria. “Hy is ʼn goeie seun. Hy help my altyd.”

Dié voorval het Gabriel plaaslike bekendheid laat verwerf. “Mense wil nou elke dag my foto neem,” sê hy.

Gabriel Silva met ʼn Kersfeesboom in hul huis in Pinheiros, Maranhao (10 Desember 2021) (Foto: Joao Paulo Guimaraes/AFP)

Guimaraes, ʼn vryskutfotograaf wat vir AFP werk, woon in die naburige staat Para. Hy wou foto’s op die ashoop gaan neem ná hy ʼn video gesien het van inwoners wat agter ʼn vragmotor aan hardloop wat rommel van ʼn supermark vervoer. “Dit was mal. Daar was waarskynlik 50 mense wat agter die vragmotor aan gehardloop het,” sê Pinheiro se kollega, Eurico Arruda, wat die video verfilm het. “Daardie ashoop is soos iets uit die eindtyd. Daar is rook en vlamme oral, aasvoëls, honde. Dit is die laagste vlak van absolute armoede.”

Arruda het ʼn organisasie gestig wat die asblikgrawers help om hul regte te verdedig. Hy sê hy hoop die Kersfeesboom-foto sal bewusmaking skep oor die lot van mense soos die Silvas.

Die plaaslike regering het reeds maandelikse welsynsbetalings van 100 real (net meer as R280) beloof vir die asblikgrawers. Hulle het ook onderneem om volgende jaar ʼn wettige ashoop te vestig wat aan sanitasie-regulasies voldoen.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.

8 Kommentare

jongste oudste gewildste
JohanR

Dat ‘n ou Kersboom die jong man en sy gesin soe kan gelukkig maak! Wonder wat doen die rykste man in die wereld Elon Musk vir Kersfees?

Alfred E Neuman

N goeie storie. Daar is nog hoop vir die mensdom.

Maggies

Pragtige berig. Daar is ongelukkig baie swaarkry plekke in die wêreld.
As daar maar net vir elkeen van die kindertjies ‘n Kersboompie vol vreugde verrassings kon wees.

Aai

.

Winnie

Wat ‘n mooi storie