ʼn Nuwe iPhone vir jou sperm

sperm-skenk-koppieʼn Spermbank in Sjanghai, China wil spermskenkers lok met Apple se nuwe iPhone as aas.

“Dis nie nodig om ʼn nier te verkoop nie. Sjanghai-spermbank kan jou iPhone6s-droom bewaarheid,” lees die advertensie wat wyd op China se gewildste sosiale media-platform, WeChat, versprei word. Die iPhone6 word volgende week bekend gestel.

Volgens die spermbank kan diegene wat kwalifiseer tot 6 000 yuan (of R12 470) kry vir 17ml se sperm. Die nuutste Apple-foon sal na verwagting sowat 5 288 yuan kos. Die verkoop van niere het ʼn welbekende metafoor geraak vir die opwinding en obsessie rondom Apple-produkte nadat ʼn tienerseun in 2011 een van sy niere verkoop het om Apple-produkte te koop.

ʼn Woordvoerder van die Sjanghai-spermbank het aan Xinhau gesê die veldtog het tot dusver vrugte afgewerp aangesien dit bewusmaking geskep het en potensiële donateurs gelok het. Spermbanke in China het ʼn groot tekort aan sperm, aangesien talle jong mans onbewus of te skaam is om te skenk terwyl daar tienduisende onvrugbare paartjies in die land is.

China se spermbanke het egter streng kriteria vir skenkers, onder meer dat hulle tussen 22 en 45 jaar oud moet wees, ʼn graad moet hê en oor hoë-kwaliteit sperm moet beskik.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Ben ☺☺☺ ·

Hoekom kom die advertensie 10 jaar te laat ? Ek sou seker dan `n Sony Betamax Videomasjien kon verdien – ook maar goed so…lol

Jacob regop ·

Ek soek die nuutste porche of lamburgini, hoeveel sperm sal jul benodig, en hul het ruggrate!

humor ·

Los die storie hulle is alreeds oorbevolk en kom pak hier in Afrika

Lynette ·

Nee o wee wat wil hulle nog he . Dit is nou vir my hoogs simpel .

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.