Na die ruimte – in ʼn hysbak

Skermskoot uit 'n video op ABC News: http://www.abc.net.au/news/2014-09-21/japanese-construction-giants-promise-space-elevator-by-2050/5756206

Skermskoot uit ‘n video op ABC News: http://www.abc.net.au/news/2014-09-21/japanese-construction-giants-promise-space-elevator-by-2050/5756206

Die Japannese onderneming, Obayashi, wil teen 2050 mense en vrag die ruimte per hysbak inneem.

Die konsep van ’n ruimtehysak is lank reeds bekend waar van die aarde se draai om sy as as middelpuntvliedende krag gebruik gemaak sou word. Die geheim was om lang genoeg kabels hiervoor in te span.

’n Internasionale studie het in 2012 bevind dat so ‘n hysbak wel lewensvatbaar kan wees, maar deur internasionale samewerking.

Die beplande “hysbak” sal die mense en vrag na ’n nuwe ruimtestasie 96 000 kilometer bo die aardoppervlak neem. Die “voertuie” wat 30 mense op ’n slag sal kan vervoer, sal deur magnetiese liniêre motore aangedryf word, en die reis na die ruimtestasie sal sewe dae duur – teen ’n fraksie van die koste om nou iets tot in die ruimte gelanseer te kry.

Die kabels word nou moontlik weens die ontwikkeling van koolstof-nanno-tegnologie. Hierdie kabels is ’n honderd keer sterker as staalkabels. In dié stadium bestaan die tegnologie nog net om drie sentimeter van hierdie kabels te maak, maar die probleem behoort teen 2030 oorkom te wees.

‘n Ruimtehysbak sal die gebruik van vuurpyle as manier om die ruimte te bereik heeltemal onnodig maak. Boonop kan enorme hoeveelhede sonkrag deur die kabels na die aarde teruggevoer word.

Obayashi het ook in Februarie 2012 ’n soortgelyke aankondiging gedoen. Toe is egter beplan dat die ruimtestasie veel laer, 36 000 kilometer bo die aarde, sou wees.

Teen 200 km/h sou die reis steeds sewe dae duur. Die teenwig sou egter steeds ongeveer 96 000 kilometer bo die aarde wees.

Bron: De Standaard en ABC News

Klik hier om ‘n video van die hysbak te sien.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Saartjie ·

Ons tronke is so vol, ons kan dit dalk as ‘n alternatief gebruik. Zip hulle op “in space” laat hul da rondsweef of drop hulle af op Mars.

Eduard ·

Hoop nie hulle bou dit in S.A nie kabel diefstal sal nie so goed afloop nie

Marlene ·

Ek se al lankal, pleks om die aarde te verniel met ashope wat toegestoot word, maak groot containers vol saamgepersde vullis en stuur dit op ‘n roete na die son toe.

Willie ·

Gaan maar, ek het hoogtevrees. Gelukkig sal ek teen 2030 nie meer hier wees nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.