Ná eeu weer vrou op Amerikaanse dollar

Argieffoto

Argieffoto

Ná’n eeu sal daar weer ’n afbeelding van ’n vrou op die Amerikaanse tiendollarnoot wees. Maar daar sal tot 2020 hiervoor gewag moet word.

Die aankondiging is deur die Amerikaanse minister van finansies, Jacob Lew, gedoen. CNN Money berig Lew wil graag hê die tiendollarnoot moet die ‘tema van Amerikaanse demokrasie’ weerspieël. Volgens Amerikaanse wet moet dit die afbeelding van iemand wees wat reeds oorlede is.

Daar sal eers later aangekondig word wie die vrou sal wees wat uitgebeeld word.

Die enigste twee vroue wat nog op die noot uitgebeeld is was Martha Washington, vrou van die eerste Amerikaanse president, George Washington, en die Indiaanse prinses Pocahontas.

De Standaard

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.