Hulle is twee Kanadese, twee Nederlanders en ’n Duitser. Ongeveer tien dae ná die voorval het ’n aardbewing van 6 op die momentmagnitudeskaal voorgekom, en ’n stuk van berg Kinabalu se kruin ineen laat stort. Dié berg word deur die plaaslike bevolking as heilig beskou. Dit is ʼn Unesco-bewaringsgebied.
Die aardbewing het reeds minstens 16 mense se lewe geëis. Nog mense word vermis. Enorme skade is aan infrastruktuur aangerig.
Sommige Maleisiese amptenare meen “daar is ’n groot kans” dat die aardbewing die gevolg was van die naakposering. Die foto’s het enkele dae voor die aardbewing op die sosiale media die ronde begin doen.
Het hulle iets anders gedoen nadat hulle naak was dat die berg kon skud? Maar met nuwe tegnieke van die jongklomp weet ‘n mens nie! As Jan van der Hunk Tafelberg onder rook kon toemaak met sy pyprook kan 10 mense seer sekerlik ‘n berg laat skud?
Aardskuddend wat onder daai klere te voorskyn gekom het.
Ek hoop nie hulle kry die “chop” nie.
Wys jou hoe siek is die mense van beide kante is. Die aardbol is n groot lewenduge gesteente wat hom self skyf en ruk. Geen mens wie ook al kan dit verander nie. Al loop hul kaal om die aarde kan hulle geen haar af maak nie. Los die bygelowe en leef in liefde en harmonie saam.
Ek hoor dit ruk en rol so lekker op Sandy bay, maar geen aarbewings…..die mense ken seker hul perke….
Mens kan nie dink dat dit dieselfde spesie is wat al meer as veertig jaar gelede ‘n man op die maan geplaas het nie. Soos my oupa altyd gesê het: die mensdom se gemiddeld is maar baie laag!
Ons kan doen met n paar kaallopers in die parlement wat ook n aardskudding kan veroorsaak.
Mense as jile comentaar leewer mak tog seeker vaan jille spelling
Moore pieet, ek hed gedog ek isj al wt dti rksien. hEriner mei an mieksit spleing vannie kinners sooms. Leik mij dis net osn twee watkan spel.
Miskien moet ons hul nooi om Evkom te besoek, en munisipaliteite!
As dit 1 April was sou ek die berig kon verstaan! Hoe enigiemand kan glo die naakposeerdery het die aardbewing veroorsaak gaan my verstand te bowe!ek dog dis net eintlik in Afrika wat almal so in tokolossies en goed glo!
ongelikig is dei kinirs di priduk van ons onerwuis stelsil