Naam van William en Kate se prinsie bekend

Prins William en Kate saam met prins Louis. Foto: AP Photo/Kirsty Wigglesworth

Prins William en Kate Middleton, hertogin van Cambridge, het die naam van hul seuntjie wat vroeër die week gebore is bekend gemaak.

Die Kensington-paleis het op Twitter bekend gemaak dat William en Kate se seuntjie Louis Arthur Charles heet. Hy sal egter bekend staan as prins Louis van Cambridge.

Die koninklike egpaar het Maandag, enkele ure ná sy geboorte, hul seuntjie vir die wêreld gewys buite die St. Mary-hospitaal in Paddington in Londen. Prins Louis het ongeveer 3,9 kg by geboorte geweeg en is omstreeks 11:00 (Britse tyd) gebore.

Die koninklike egpaar se twee ander kinders – prins George en prinses Charlotte. Foto: AP Photo/Kirsty Wigglesworth

Daar is Maandag in ooreenstemming met koninklike tradisie ʼn geraamde kennisgewing van die nuwe prins se geboorte op ʼn esel in die binnehof van die Buckingham-paleis geplaas en dié kennisgewing kon vir 24 uur besigtig word.

Kate en William het ook twee ouer kinders, prins George en prinses Charlotte. George is op 22 Julie 2013 in die St. Mary-hospitaal gebore en Charlotte het op 2 Mei 2015 in dieselfde hospitaal haar verskyning gemaak.

William het Maandagmiddag vir prins George en prinses Charlotte na die hospitaal gebring om hul nuwe bababoetie te ontmoet, voor die kinders weer teruggeneem is na die paleis.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

cb ·

Princess of Wales, you will always be loved. Yours sons will ever treasure you… take care for always Diana we love you …

Marinda ·

Wonderlike nuus.

Klein Prinses Charlotte wuif te oulik vir die publiek.

Cb, baie goed gesê.

Elsabe ·

Pragtige gesinnetjie. Wonder of hulle nog kinders beplan. Lekker om darem iets so oulik en positiefs ook in die nuus te kry. Cb well said

Abe ·

Dit het baie met ons te doen. Ons herkoms lè in Europa en die Britse Eilande.

Ann ·

Ag man, as julle dit so vervelig ag, vir wat lees julle dit?
Ek dink dis absoluut pragtig! Prinses Di sou die kleingoed só geniet het …
Veels geluk William en Kate!! They are beautiful!!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.