Naamborde van Mugabe en sy vrou moet af

Robert en Grace Mugabe. Foto: GCIS

Robert en Grace Mugabe. Foto: GCIS

Owerhede in die Zimbabwiese hoofstad Harare het die regerende party beveel om nuwe straatnaamborde wat president Robert Mugabe en sy vrou vereer, te verwyder.

Bernard Manyenyeni, burgemeester en lid van die opposisieparty MDC, het in ʼn onderhoud gesê: “Ek het aan die party geskryf. Ek dink nie hulle het al gehoor gegee nie. Hulle het eers gister die brief ontvang.”

Verskeie nuwe straatnaamborde, waaronder “Dr. Grace Mugabe-weg” en “Robert Mugabe-plein”, is vroeër die maand by ʼn oop stuk grond aangebring waar ʼn Zanu-PF-kongres gehou is. Die naamborde is egter nie deur die stadsraad, wat deur die opposisie beheer word, goedgekeur nie.

“Ek gaan nie in die stadium ʼn oordeel vel oor hulle aksies of die gebrek daaraan nie,” het Manyenyeni aan Sapa gesê. “Dit is soos ballonne op ʼn troue wat onmiddellik na die geleentheid verwyder moet word,” het hy in ʼn onderhoud aan Newsday gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

zahn ·

DR grace mugabe? Van wanneer af? As ek nou die dag se berig reg gelees het, het hy haar vraestelle gemerk? Asof hy so baie weet? DR Grace Mugabe. Hmm, DR mevrou president Mugabe. Hmmm! In wat het sy die graad ontvang? Korrupsie en steel? Jip, dan het ons ook van hulle. O ja, ons het, DR Pallo Jordan en kie. Sommer hul eie praktyk oopgemaak..

Henry ·

Antie Mugabe en me Tsbalalalala was blykbaar klasmaats gewees.

Piet Snot ·

Ex Africa semper aliquid novi – Uit Afrika altyd iets nuuts.
Moet bely, ek’s verstom.

Willie ·

Gekke en dwase skryf hul name op mure en glase kom so glashelder in my enigheid op na die lees van hierdie artikel.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.