Nadoodse ondersoek op miljardêr-seksoortreder afgehandel

‘n Kunstenaarsvoorstelling van Jeffrey Epstein tydens ‘n vorige hofverskyning. (Foto: Uma Sanghvi, Palm Beach Post,/AP)

Die besonderhede oor hoe die miljardêr Jeffrey Epstein in ʼn tronksel in Manhattan dood is, is nog nie bekend gemaak nie, maar amptenare sê die nadoodse ondersoek is wél afgehandel.

Epstein (66) het glo sy eie lewe geneem. Hy is verlede maand in hegtenis geneem in verband met sekshandel-aanklagte.

Sy dood het ʼn strafsaak kortgeknip wat heelwat meer lig kon werp op die binnekring van ʼn ambisieuse en skatryk verskansingsfondsbestuurder wat eens skouers geskuur het met talle bekendes van oudpres. Bill Clinton tot pres. Donald Trump en prins Andrew.

Epstein het glo minderjarige meisies betaal om hom by sy huise in Florida en New York masserings te gee waar hy hulle glo gemolesteer het. Die aanklagte teen hom hou verband met bewerings wat dateer uit die vroeë 2000’s.

Epstein se inhegtenisneming was te midde van ʼn hernude ondersoek na ʼn voorheen geheime pleitooreenkoms wat ʼn strafregtelike ondersoek teen hom beëindig het. Die ooreenkoms, wat nou in ʼn Florida-hof betwis word, het Epstein in staat gestel om in 2007 skuld te beken op ʼn minder ernstige aanklag van prostitusie.

Epstein se aansoek om borgtog is vroeër van die hand gewys en tronkstraf van tot 45 jaar – vir aanklagte van sekshandel en sameswering – het hom in die gesig gestaar. Hy het onskuldig gepleit en was verhoorafwagtend.

In dié stadium is die manier waarop hy dood is nog ʼn raaisel.

Epstein is op ʼn selfmoordwaarnemingslys geplaas, nadat hy net meer as twee weke gelede met kneusmerke aan sy nek gevind is, het ʼn ingeligte bron gesê. Hy was bewusteloos. Hy is einde Julie egter van die lys verwyder en ten tyde van sy dood nie dopgehou nie.

Epstein se verwydering van dié lys sou deur die hoof van die tronk en die instelling se hoofsielkundige goedgekeur moes word, het Jack Donson, ʼn voormalige tronkbewaarder, gesê.

AFP berig Epstein se dood het groot woede veroorsaak.

“Die oorlewendes het hulle dag in die hof verdien. Hulle het geregtigheid verdien,” het Kirstin Gillibrand, ʼn Demokratiese senator en 2020-presidentskandidaat, gesê.

“Dit is jammer dat hy selfmoord gepleeg het,” het sy aan CBS gesê.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

20 Kommentare

Dan ·

Ironies..
Hulle geld het die ‘mag’ om ander te kan help en selfs red, maar hulle geld kan hulle nie red/ help nie. So sal elkeen van ons tot die oordeelsdag kom en jy sal jou eie lewensboek moet sien en bepleit.. Te midde of jy ryk of arm was op aarde.. EN te midde van hoe jy dit gebruik het..

hendrik ·

n Nadoodse ondersoek maar hulle weet nie wat die oorsaak van sy dood was nie. Is n nadoodse ondersoek dan nie juis bedoel om dit uit te wys nie. Daar was mos bewyse dat hy homself gehang het.

hendrik ·

cherokee, waarvan praat jy tog.Hou liewers op aanval en redeneer vir n slag logies.

KG ·

Volgens wat ek kan aflei uit die berig is die besonderhede van die nadoodse ondersoek nog nie bekend gemaak nie, maar ek neem aan hulle weet wel wat gebeur het.

Basjan ·

Is Epstein rêrig dood, of is daar ‘n kloon in sy plek geplaas? (Ek vra namens ‘n vriend van my.)

marous ·

Die man is dood , maar daar is mos ‘n horde ander vroetelaars wie nog leef en vervolg kan word , of is daar vrese dat die name so groot verleentheid is , dat die hele lieg brigade inmekaar foeter ?

Mel ·

Kannie help om dink dis rookskerms en hy is lewendig, gaan plastiese chirurgie en nuwe identiteit ontvang en iewers op n eiland aftree…

Rika ·

Nee wat glo nie daai storie van selfmoord nie iemand het toutjies getrek anders as hy begin praat sou hy almal wat betrokke was betrek het

Charles ·

“Kennis” my tjomma, nie “vriend” nie, wat hoor ons van jou “demokratiese/fascis” vriend Clinton wat telkemale op ou Epstein se vliegtuigie na sy eilandjie toe is? Niks soos gewoonlik, die liberales is tjoepstil daaroor en dit word alles agter slot en grendel gehou. Julle libtards is almal dieselfde. Daar’s geen salf te smeer nie.

Donderstorm ·

Wel sy neus en oor vorm is anders as op sy fotos en van waneer af wys hul iemand wat dood is so daar is iewers n slang in die gras sy neus is meer geboog opi foto s waar hy dood is en sy oor lyk anders as op sy baie fotos.

Christa ·

Merke aan Sy Nek ? EK Kan nie dink jy Kan jouself verwurg met jou eie hande nie. Hoekom is Hy nie bewaak nie? Dalk om iemand Kans te gee.

Mariaan ·

Pateties…en dit als oor drange! Swak siek samelewing….en mens is veronderstel om op te kyk na die leiers…hoe swak is hul nie eintlik nie!!!

Lisa ·

hy verdien n lot swaarder as die dood… dit wat hy gedoen het aan ander, veral die onbekende wat nie publiek gemaak mag word nie… hy was n baie siek siek man! net jammer hy kon nie die ander ook “ui rat nie” weet nie die Clintons en hy was baie goed bevriend, en Hilary is nie wat sy voorgee om te wees nie,.. die :Elite” is baie baie evil mense.

TN ·

Daar is drie groepe mense waarvoor mens BAIE versigtig moet wees ; die Libtards , Hiper-rykes en dan natuurlik die ergste , die geloofsdwepers !

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.