Die New Zealand Herald berig die walvisse het by Farewell Spit aan die noordelike deel van Golden Bay uitgespoel. Volgens die berig is die reddingspoging vroegaand opgeskort, aangesien die donkerte die gebied te gevaarlik maak. Nieu-Seeland is 11 ure voor Suid-Afrika.
Andrew Lamason, woordvoerder van die departement van bewaring, het aan die publikasie gesê die walvisse het bewolkte- of reënweer nodig om te oorleef. Dit was egter ʼn droë en sonnige dag in Farewell Spit.
Lamason het gesê weens die geografie van Golden Bay is daar dikwels uitspoelings in die gebied. Volgens hom is die water vlak en die walvisse raak verward. “En ongelukkig eindig ons met baie dooie walvisse.”
Hy het gesê die reddingspoging sal Saterdagoggend vroeg hervat.
ai shame dis baie erg , hoop hulle kan die wat nog daar is red .
Ek het nou al gesien daar is binne 2 week na so “beaching” ‘n redelik groot aardbewing êrens in die wêreld voorkom. Google gerus. Dis baie interessant.