Nagklub-skietery: ‘Aanvaller’ vas

Die polisie het die foto van die verdagte uitgereik.

Die polisie het die foto van die verdagte uitgereik.

Die man wat na bewering op Nuwejaarsdag 39 mense in ʼn nagklub in Istanboel doodgeskiet het, is deur die polisie in hegtenis geneem.

Volgens Turkse media is die verdagte in hegtenis geneem ná ʼn klopjag op ʼn huis in Istanboel se Esenyurt-distrik. Die huis behoort glo aan ʼn vriend van die verdagte. Die verdagte is geïdentifiseer as Abdulkadir Masharipov van Oesbekistan.

Masharipov se vriend en drie ander mense is ook in hegtenis geneem. Sy vierjarige seun wat saam met hom in die huis was, is in veilige sorg geplaas. Volgens die Turkse media is die vermeende skieter se vrou en eenjarige dogtertjie op 12 Januarie deur die polisie in hegtenis geneem. Die dogtertjie is ook in veilige sorg geplaas.

Die Islamitiese Staat (IS), oftewel ISIS, het vroeër verantwoordelikheid vir die aanval aanvaar. Altesaam 11 van die oorledenes was Turke en die res buitelanders. Minstens 69 mense is beseer. Onder die oorledenes was 25 mans en 14 vroue.

Die skieter het eers ʼn polisiebeampte en omstander buite die klub doodgeskiet, voordat hy op die partytjiegangers losgebrand het. Daar was glo 600 mense in die klub, wat ʼn gewilde kuierplek is vir plaaslike bekendes, onder wie sangers, akteurs en sportsterre.

Die polisie ondersoek ook die moontlikheid dat dieselfde mense verantwoordelik was vir die bomontploffing op 28 Junie op die Ataturk-lughawe in Istanboel, waarin 36 mense dood en 147 beseer is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Vaalseun ·

Afgesien van geestelike versteurdheid en dwelmverwante misdade, gebeur hierdie opswepings midade dikwels in lande waar die jeug grootword sonder ‘n morele verwysingsraamwerk van volksdapperheid en bewese prestasie in die verskillende lewens- en beroepsfasette. Die ou slagspreuk van Kennis is Mag het Suid-Afrika op die pad van voorspoed en leierskap geplaas.

HANNA STANDER BOTHA ·

Elke keer aanvaar isis maar net verantwoordelikheid wat bring dit elke keer in die sak niks nie!!!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.