Nagklub-skietery: Agt in aanhouding

Foto: (Xinhua/He Canling) (djj)

Foto: (Xinhua/He Canling) (djj)

Die polisie in Turkye het agt mense vir ondervraging ingeneem in verband met die aanval op ʼn nagklub in Istanboel, waarin minstens 39 mense doodgeskiet is.

Volgens plaaslike nuusberigte is die skieter nie een van die agt verdagtes nie. Die Islamitiese Staat (IS), oftewel ISIS, het vroeër verantwoordelikheid vir die aanval aanvaar.

Turkye se departement van binnelandse sake het gesê tientalle mense is die afgelope week vir ondervraging ingeneem oor beweerde bande met ISIS. Volgens die departement is 147 mense ondervra en 25 is amptelik in hegtenis geneem.

38 van die 39 slagoffers is intussen geïdentifiseer. 11 van die oorledenes was Turke en die res buitelanders. Minstens 69 mense is beseer. 25 van die oorledenes was mans en 14 vroue.

Die skieter het eers ʼn polisiebeampte en omstander buite die klub doodgeskiet, voordat hy op die partytjiegangers losgebrand het. Daar was glo 600 mense in die klub, wat ʼn gewilde kuierplek is vir plaaslike bekendes, waaronder sangers, akteurs en sportsterre.

Die polisie ondersoek ook die moontlikheid dat dieselfde mense verantwoordelik was vir die bomontploffing op 28 Junie op die Ataturk-lughawe in Istanboel, waarin 36 mense dood en 147 beseer is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Lafaards ·

Iemand wat weerlose mense so aanval is n lafaard, iemand met beslis ‘n ongelooflike klein selfbeeld , wat nou dink hy is n super hero, ongelukkig is jy eers ‘n hero as jy jou gelyke uitoorlê!

Rupert Ashford ·

Turkye het hierdie IS adder vertroetel en selfs gehelp deur ander pad te kyk toe hulle land as deurgangsroete gebruik is vir mense en olie. En nou word hulleself aangeval.

Buitestander ·

Teen terreur het niemand beheer nie want hulle het tyd en verrasings ellement aan hulle kant en ook meelopers.
RSA was altyd die huishond van die weste nou kry hulle ook wat hulle gesaai het.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.