Name bekend van leerders wat in busongeluk sterf

Die omgeslaande bus. (Foto: Verskaf)

Die name van die twee gr. 7-leerders van ʼn private skool in Windhoek in Namibië wat Sondag onderweg na ʼn skoolkamp in ʼn busongeluk gesterf het, is bekendgemaak.

Die plaaslike radiostasie Kanaal 7 berig owerhede het bevestig Angela Maiba en Jacques Venter het in die ongeluk gesterf. Maiba en Venter was deel van ʼn groep van 55 leerders wat op ʼn kulturele toer was toe die bus tussen Mariental en Kalkrand omgeslaan het.

Talle leerders is in die ongeluk beseer en word steeds in die hospitaal behandel. Minstens vyf se toestand word as ernstig bestempel.

Hoofinspekteur Kauna Shikwambi, woordvoerder van die polisie, het aan Kanaal 7 bevestig aanklagte van bestuur onder die invloed van drank en nalatige bestuur is teen die busbestuurder aanhangig gemaak. Die busbestuurder sal na verwagting môre in die plaaslike landdroshof verskyn.

Colette Riekert, skoolhoof van Windhoek Gymnasium, het gesê alles moontlik word gedoen om die leerders, personeel en ouers by te staan.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Mossie ·

Sterkte aan die oorledenes en kritiek beseerdes se geliefdes.
Wanneer gaan busbestuurders en taxi’s besef dis kinderlewens wat hul verwoes?

PJN ·

Sterkte aan die families wat geliefde kinders van die Windhoek Gimnasium verloor het in die tragiese voorval. Sterkte aan die kinders wat getraumatiseer is. Kinders ry lang afstande in Namibie vir sportgeleenthede en vir uitstappies. Ek hoop en vertrou dat geregtigheid sal geskied en dat die regsbank ‘n swaar straf aan die busbestuurder sal gee.

christine ·

Baie sterkte aan ouers ,het nooit dat my kind met bus ry altyd self gevat.

Liza ·

Well done Christine…. Jy is baie bevoorreg… Jy werk seker nie?

Leser ·

Die aanklagte moet moord insluit, die busbestuurder het willens en wetens daardie bier gedrink.

James ·

Het die onderwyser aan diens nie gemerk die busdrywer was onder die invloed nie?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.