Namibië aanvaar Duitsland-aanbod, al is dit ‘nie genoeg’

(Argieffoto)

Namibië het Vrydag ontwikkelingshulp van €1,1 miljard – sowat R18 miljard – aanvaar wat Duitsland in vergoeding aangebied het vir die volksmoord wat in die vroeë 20ste eeu deur koloniale troepe gepleeg is. Dít selfs al sê Namibië die geld is nie genoeg nie en dat die ooreenkoms hersien sal word wanneer die finansiering beskikbaar gestel word.

Die Namibiese regering het in 2015 met Duitsland begin onderhandel oor die slagting van die Herero en Nama wat tussen 1904 en 1908 gepleeg is nadat die stamme in opstand teen die koloniale regeerders gekom het.

Ná jare lange toutrekkery het die partye verlede week ʼn ooreenkoms bereik waarin Duitsland amptelik die moorde as ʼn volksmoord bestempel het.

Berlyn het ook die ontwikkelingsfonds van €1,1 miljard oor die volgende 30 jaar aangebied.

Namibiërs het egter die ooreenkoms verwerp en voer aan die bedrag is beledigend. Hulle het Duitsland gevra om die slagoffers direk te vergoed in die vorm van “reparasies”, ʼn term wat Duitsland doelbewus vermy het.

Namibiese adj.pres. Nangolo Mbumba het Vrydag erken die land het die aanbod aanvaar hoewel dit laer was as die “aanvanklike kwantum van reparasies” wat aan Duitsland voorgelê is.

“Ons moet erken dat die bedrag van €1,1 miljard … nie genoeg is nie,” het Mbumba in ʼn toespraak aan die land gesê. Volgens hom was geldelike vergoeding ʼn groot twispunt tydens die gesprekvoering.

“Duitsland het hom egter daartoe verbind om die bedrag te hersien en te herbeding namate die inwerkingstelling vorder,” het hy gesê.

Mbumba het ook ʼn uiteensetting van die vergoedingspakket voorgelê.

Hy het verduidelik dat die geld hoofsaaklik bestee sal word aan heropbou-projekte om die ontwikkeling van die slagoffers se nageslag te help, terwyl daar veral op hernieubare energie, vakopleiding en landelike infrastruktuur gefokus sal word.

Sowat €50 miljoen (nagenoeg R817 miljoen) sal gebruik word om ʼn rekonsiliasieprogram te finansier om rekords van Namibië se koloniale verlede te bewaar en navorsing daaroor te doen.

Mbumba het ʼn beroep op Namibiërs gedoen om “kalm te bly” en “diep te dink” oor hul reaksie op die ooreenkoms.

“Ons het merkwaardige vordering tydens die afgelope vyf jaar lange onderhandelings gemaak en daar is ʼn geleentheid wat ons nie mag verbeur nie,” het hy gesê.

Die ooreenkoms moet nog onderteken word. Dit word tans hersien deur Namibië se prokureur-generaal en sal daarna aan die parlement vir goedkeuring voorgelê word.

In Augustus 1904 het Duitse soldate sowat 80 000 Herero gejaag in wat deesdae bekend staan as die Kalahariwoestyn. Vroue is verkrag en gevangenes vermoor.

Maande later het die Duitse weermagbevelvoerder, genl. Lothar von Trotha, beveel dat soldate albei groepe moet uitwis.

Minstens 60 000 Herero en nagenoeg 10 000 Nama is doodgemaak en duisende ander is na konsentrasiekampe gestuur.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

16 Kommentare

MakersMark ·

Ha ha tipies Afrika land mentaliteit. Weier eers die uitgifte “want dis te min” maar toe die pakkie geld nie groter word nie aanvaar hul dit teen hul wil “al is dit te min”…….Dalk moet Duitsland die waarde van die infrastruktuur wat onder hul beheer daar gebou en daar gelos is eers bereken en dan verhaal voor hul enige uitgifte doen.

Dirk Mostert ·

Ongelooflik! Ons stem sowaar saam, veral oor die infrastruktuur.

Eiervrug ·

Het geweet hulle sal eventually aanvaar. Hulle moes net eers hardekwas speel om die situasie bietjie te melk….. Alhoewel dit verskriklik is wat gebeur het gaan GEEN bedrag geld dit nou regmaak nie. So, hulle moes maar net dankie gesê het en dit in die eerste plek so aanvaar het. ….

Ben ·

Niemand wat vandag leef in die hele werêld was daar nie. Dit is mos nie ons wat hulle uitgemoor het nie.
Nou gaan daar darem eise kom van oral.
“What a joke”
Ai!!!! Die nasie hulle soek net geld.
Kyk maar wat gebeur met die “land claims” Hulle soek nie die grond nie. Net geld.
Waar gaan dit eindig. Ons moet ook maar in die tou staan.

Bernard ·

Wow, R25 714 per “slagoffer.” Nou gaan die Owambo’s die Duitsers behoorlik melk.

Grassie ·

0orlog is oorlog. Niemand sal weet wat regtig daar gebeur het nie. Die Amerikaanse kernbom op Hiroshima het 80000 Japannese op slag gedood en tienduisende het later daarvan gesterf. Mans, vrouens en kinders. Maar dit is aanvaarbaar want dit was oorlog. Wat maak Namibië anders? Maar die liberaliste wil net bieg, buig en betaal, in Europa en ook in Amerika.

Dirk Mostert ·

Hiroshima is ‘n geldige punt. Daarby die verwoesting en lewensverliese in Irak, Sirie (VSA regime veranderingsoperasies), Jemen (laasgenoemde deur Saoedi-Arabie met Amerikaanse wapens) en Gaza.

Wikkelwillie ·

Sien baie uit daarna dat ons nageslagte ook by die SA regering sal kan eis vir volksmoord op die blankes. Eintlik snaaks die cANCer het nie al die Engelse benader met soortgelyke twak nie

ROELOF ·

En hoeveel gaan die Duitsers aan die Jode oorbetaal vir die uitwissing. Daarvoor het hul nie genoeg geld nie. En Hoeveel skuld die volk van koningin Victoria ons wat derduisende boere, vrouens en kinders verloor het deur hul gurigheid oor ons goud en diamante. Was dit nie vir die rooinekke was ons wit volkie baie sterker daaraan toe.

Dirk Mostert ·

Wonder of hierdie inkruipery van die Merckel-regime die regse partye in Duitsland stemme gaan besorg.

pestilensie ·

Sal ma sien of regering sy kloutjies uit daai mantjie gaan hou

Elbiena ·

Van julle is sulke huigelaars. Dan huil julle omdat jul so stief behandel word.Die sonde van die Vader’s sal jul kinners besoek tot in die 3 en 4de geslag.Dan Wil jul die race card (wit) speel.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.