Namibië beplan om afwesige grondeienaars te onteien

Argieffoto

Namibië sal binnekort begin om grond van afwesige eienaars – van wie meeste in Duitsland bly, te onteien, het pres. Hage Geingob tydens ʼn grondhervormingskonferensie in Windhoek gesê.

“Die konferensie het vir ons ʼn duidelike mandaat gegee om met onteiening van grond voort te gaan wat aan afwesige eienaars behoort, asook grond wat nie ten volle gebruik word nie,” het Geingob gesê. Die grondhervormingskonferensie het Vrydag tot ʼn einde gekom.

Die regering sal “regverdige vergoeding bepaal” vir grondeienaars, kragtens die Grondwet. “Wetgewing en beleide sal oor die volgende paar maande by dié proses ingesluit word.” Hy het benadruk dat grondhervorming van volgende jaar af op ʼn “ordelike wyse” sal geskied.

Namibië het sedert sy onafhanklikheidswording in 1990 ʼn “gewillige verkoper, gewillige koper”-beleid gevolg om ongelykheid wat grond betref, reg te stel. Dié beleid maak staat op handelsboere om hul grond aan die regering te verkoop.

Volgens Geingob is meeste boere egter huiwerig om te verkoop en diegene wat bereid is om dit te verkoop, wil verhoogde pryse hê en dit maak dit moeilik vir die regering om voldoende grond te bekom vir hervestigingsdoeleindes.

Terwyl Namibië grondonteiening met vergoeding implementeer, is die Suid-Afrikaanse regering besig met omstrede planne om grondonteiening sonder vergoeding in te stel.

Die Namibiese Statistieke Agentskap het verlede maand gewys wit Namibiërs besit 70% van landbougrond en swart mense 16%. Ongeveer 250 plase behoort aan uitlanders, hoofsaaklik Duitsers.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

30 Kommentare

Paul ·

Ek huil toe nie my oë uit hul kaste uit nie, als is nou mos maar net te bekend.

ZAR ·

Namibië namibië …teken julle julle ondergang met ‘n rooi pen.

Drick ·

Ek is van die noorde van Namibië en wil graag noem dat die n hele, hele paar dosyn plase aan ministers behoort wie nie die grond bewoon of bewerk nie. Dan is daar ook oa hooggesteldes wie menigte plase besit, soos bv my buurman wie in Windhoek woon, en 7 plase besit. Oudpresident Nujoma kan gerus ook van sy menigte ombewoonde plase afstaan. Of wag, is dit dalk nie die rede hoekom “buitelanders” getakel word nie? Anders sou die ministers wie in Windhoek woon, en elk n handvol plase besit, se plase ook afgeneem word?

Drick ·

Dan voeg ek graag by dat hier byna geen plase is wat aan buitelanders behoort, wat net “le” nie. Daardie plase het voormanne wie daar op woon en die plaas bedryf. Hierdie is net n foefie waar ministers hulself en hul menigte plase (elk) wil beskerm.

Spook ·

Maak mens bitter kwaad, ek of hier in S.A maar baie sterkte vir julle ook. Dit is onregverdig.

John ·

Landbougrond… Huh? Dis ‘n nuwe een… Selfs in Windhoek ry inwoners Sondagmiddae deur die stad en bewonder die erwe met ‘n lappie gras so groot soos ‘n koningsbedlaken. Maar die Ovambo’s kan nogal droom… vir ure leunende op ‘n hark. Grassnyers verkoop swakker as Windhoek 0%… Die land is opgebou deur flukse Duitse – en SA-boere. En die wildlewe is beskerm. Nou wil hulle die gans wat diamante en edelstene le en die groot toeristebedryf hardloop, nekomdraai. Dom besluit van die lang-slap-limousine-brigade.

Gerhard ·

Dit is seker omdat hulle nie wou versoen nie. Of is dit miskien omdat hulle nie terug veg nie?

Blaarman ·

In Afrika is daar nie uitsonderings nie, slegs slagoffers.

Natan ·

Die demografiese verspreiding van Namibië moet in ag geneem word. Die noorde word bewoon deur die Owambo. Die res van die land is yl bevolk vanweë sy klimaat en drakrag. Wie wil wie waar hervestig? Kan ‘n mens daar ekonomies oorleef op ‘n stuk grond? Die voorstel klink vir my soos ‘n tipiese Afrika kommunistiese plan: al die grond behoort aan die staat.

Die Duitsers bring buitelandse valuta in en Namibië het nog ‘n A-beleggingsgraad, vêr bo SA se rommelstatus, maar sekerlik oppad daarnatoe. Rommelstatus is seker makliker as om die plek op te bou.

Grassie ·

Miskien is dit die begin van die einde van blanke plaaseienaarskap in Namibië. Hulle wil nou buitelanders se grond vat, en voeg dan so terloops by “asook grond wat nie ten volle benut word nie.” Dit is ‘n deur wat baie groot oopgemaak word en nooit weer toegemaak gaan word nie.
Ek het nie veel vertroue in mense wat gesigte sien en profeteer nie, maar miskien was die ou Boereprofeet tog reg toe hy voorspel het dat wit boere uit “Suidwes” verdryf sal word en na Suid-Afrika sal moet padgee.
Ek het talle kere in Namibië gaan kuier en ook daar grensdiens gedoen. ‘n Mens word lief vir die land, jy wil altyd weer teruggaan, maar ek is bevrees alle goeie dinge kom een of ander tyd tot ‘n einde.

Oom Kalahari ·

Duitswes, jy is my geboorteland en was my tuiste vir 18jaar, maar oor jou kan mens vandag net trane stort.
‘N eens pragtige land en die mees vriendelike mense. Ons lewe as boere saam die Duitser volk en ‘n pragtige land opgebou as Suidwes en toe kom die Angolese tirrs en maak dit Namibia en kom in beheer. Daardie plase word bewoon deur voormane en was deur sweet en bloed van Duitsers ook betaal wat saam opgebou het.
As Mnr Dirk Mudge vandag nog leef glo ek dit is ook vir jou hartseer waarvoor jy so geveg het vir ons in Suidwes. Mag Duitsland hierdie optredes verwerp waar dit ook hul volk raak en benadeel wat saam die boere opgebou en hard gewerk het.
In ons harte is daar baie gevoelens wat nie hier kan gespreek of genoem word nie, maar die gevoelens is ‘n bitter pil en ‘n selfmoord ondertekening gewees van die destydse regering. Mag jul verantwoording eendag swaar berus op jul gewetens, waar sovele alrerds hul lewens moes opoffer vir jul swakhede en optredes. God slaap nie.

Anoniem ·

Ek sien geen probleem as hulle grond onteien as die eienaar in die buiteland sit en die grond le net daar onbewerk. Ek het ook geen probleem as n boer 1000 hektaar grond het en hy bewerk net 500 hektaar en dan onteien hulle die 500 hektaar wat nie bewerk word nie maar het n groot probleem wanneer hulle n boer wil onteien wat se grond bewerk word en n bydrae lewer tot die land.

Gerhard ·

Het jy n probleem daarmee as hulle die deel van jou erf wat jy nie gebruik nie onteien, of die geld in jou spaarrekening wat net daar le?

Christo ·

Wonder of dit die begin is van Siener van Rensburg se verhaal oor die Duitsers wat eendag weer Duitswes gaan terugvat . . .

Ferdinand ·

Nee, die Chinese het ook al reeds daar begin oorvat. Hier en daar spring ‘n kleuterskool in hul moedertaal op.

sakkie ·

Presies my gevoel ook. Die legkaart is besig om in mekaar te pas.

JAN ·

Wat van die spergebiet van Oranjemund af?
Ek verstaan die ondergrondse water is beste kaarteer in die wêreld. Artesiese water is nie vir privaat gebruik nie. Boorgate water word getoets en gekeur vir privaat gebruik.
Rehoboth gebied was altyd famiie trust grond. Wat daarvan?
Baaie interessant.
Help asb die slim mense..

Anoniem ·

Ek het by Husab werk gedoen en daar was gese dat 500 000 chinese die land gaan inkom wat beteken dat amper n kwart van Namibia Chinees gaan wees. Nogal kommerwekend

Veritas ·

Ek voel vere vir die Duitsers wat grond in Namibië besit maar niks daarmee doen en dit jare laas besoek het. Dit sal interessant wees om te weet hoe die staat, mense in die Namib gaan vestig

Blaarman ·

Indien jy vere voel daarvoor dat afwesige Duitsers se grond onteien gaan word, voel jy ook vere vir privaat eiendomsbesit, die ekonomie, en die regte van die individu.

Dink.

Krummel ·

Die woord grondhervormingskonferensie in die eerste paragraaf is met ‘n lang “f” gespel, i.p.v met ‘n vissie “v”. Asb maroela, kan ons reg spel.

Tania Heyns ·

Dagsê Krummel

Dankie vir jou kommentaar. Ons vra groot om verskoning vir die oorsig, die berig is reeds gewysig.

Groetnis
Tania nms Maroela Media

jannie ·

Hiermee stem ek saam. Daai ryk uitlanders besit fantastiese grond wat nie benut word nie……..groot stukke grond….hulle kom miskien 2 keer n jaar vir vakansie….gee dit vir die land se mense…wit en swart om dit te benut. dis FAIR.!!

Gerhard ·

Ek kan jou verseker dit gaan nie wit en swart wees wat die grond kry nie en dit sal waarskynlik nog minder benut word.

waarheid ·

Christo – ek het ook oor Siener gewonder – kan dalk wees. Die begin van jy weet wat.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.