Namibië die eerste Afrika-land wat vleis aan VSA mag verkoop

Argieffoto

Argieffoto

Die Verenigde State van Amerika het die invoer van ontbeende vleis en ander beesvleisprodukte van Namibië goedgekeur, het die Amerikaanse ambassade in Windhoek aangekondig.

Steve Mraz, waarnemende skakelbeampte van die ambassade, het gesê Namibië is die enigste Afrika-land wat in aanmerking kom om vleis na die VSA uit te voer nadat dit goedkeuring ontvang het van die voedselveiligheid en -inspeksiediens.

“ʼn Finale uitspraak deur die organisasie op 13 Julie voeg Namibië by die lys van lande wat in aanmerking kom om vleis en vleisprodukte na die VSA uit te voer,” het Mraz gesê.

Thomas Daughton, Amerikaanse ambassadeur in Namibië, het gesê dié skuif maak ʼn belangrike nuwe mark oop vir vleisverskaffers in die land.

Volgens die Amerikaanse voedselveiligheid en -inspeksiediens is Namibië se vleisinspeksiestelsel gelykstaande aan die Amerikaanse inspeksiestelsel vir vleis en vleisprodukte.

John Mutorwa, minister van landbou in Namibië, het nie ʼn datum verskaf wanneer die uitvoere sal begin nie, maar gesê die land sal tot 860 000 kg binne die eerste jaar verskaf.

Die uitvoere sal na verwagting jaarliks tot 5,7 miljoen kg toeneem binne die volgende vyf jaar. Amerika is Namibië se tweede groot beesvleisuitvoermark ná China, wat in Mei die eerste groot uitvoermark geword het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

24 Kommentare

Jef ·

Namibie doen goeie sake en hulle is op die regte pad, sou se dis n mooi voorbeeld vir SA.

Hendrik ·

Mmmmmm – ek kan nie wag om my tande in ‘n stukkie beesvleis uit my geboorteland in te slaan hier in St Louis nie! Maar moenie ‘n fout maak nie, Amerika het self smul-lekker vleis.

Christo van den Heever ·

Moenie worry, ons sal weer van Amerika af invoer.

hettie ·

Kan nie wag om namibiese vleis hier in die VSA te eet nie. Daar is nerens beter vleis as ons geboorteland nie

marlene ·

Stuur die vleis ..Kan nie wag..Namibiese vleis beste in wereld

Tc ·

Besig om my goed reg te kry om terug te gaan na my geboorte land Namibië toe,kan nie wag nie,Suidwes my land!!!

Geld inrol ·

Laat zim en SA sê leiers hieruit leer. Moet nie grond gryp nie dan kry julle lekker geldjies van oorsee.

HEVW ·

Ja, ouma mix ons praat hier nog meer suiwer Afrikaans en mix nie so maklik nie. Die land heet nou Namibie maar Suidwes le maar nog op ons tonge en dit maak niemand kwaad nie.Ons vleis kom direk van die veld af en is organiese vleis. Daar word gese dit is veral die Bonsmarasnitte wat so smaaklik is.

peanut ·

Dit gaan goed hier in ons land en ek is trots om te sê ek’s n Namibiër, want ons land en ons mense kyk vorentoe en beweeg in die regte rigting.

Sarie ·

Dis omdat daar meer diere as mense is dat dit daar so goed gaan. Net sodra die ou mens spesie baie raak is daar moeilikheid . SA van 36 miljoen in 1994 tot amper 60 miljoen in 2016. Die land van melk en heuning het verander na die land van bloed en trane.

Lance ·

SA gaan seker dan weer die vleis van die US invoer ….die klomp Duiters weet darem net hoe …geluk !

Ina ·

Ons geniet al van jul vleis hier in Holland. Voorspoed verder.

apie ·

Die anc kan by swapo gaan kers opsteek in plaas van ou vrotkop mugabe.

Sarie Joubert ·

Ek bly in India die afgelope 3jr. Hier kry ek 1x vleis per week..dan ook net skaap of hoender . Ek is een van die dae terug in Namibia..ek kan nie meer wag vir biltong en braaivleis nie.

KarooKlong ·

Waar kom Duits-Wes vandaan. Het al gehoor mense praat hiervan.
Ek het in die 80’s van SWAVLEIS vleis gekoop. Hulle bestaan seker nog?

Lizaan ·

Suidwes, Duitswes behoort aan die verlede. Namibie is nou ons land en ons respekteer die regering en mekaar. Nooit sal n mens almal tevrede kan hou nie maar dat ons gelukkig is om hier in Namibie te kan woon en veilig voel is n voorreg.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.