Namibië kry eerste deurry-enstofsentrum

Namibië se eerste deurry-inentingsentrum open binnekort. (Argieffoto: Elmond Jiyane/GCIS)

Namibië sal Dinsdag sy eerste sogenaamde deurry-inentingsentrum vir lede van die publiek in Windhoek open.

Die sentrum is geleë by die skouterrein in die stad en sal tussen 10:00 en 18:00 inentings doen. Instappasiënte is ook welkom en sal by ʼn ander tou inval as diegene wat die deurry-opsie verkies.

Luidens ʼn verklaring van die Gondwana Collection Namibië het verskeie organisasies en private ondernemings saamgewerk om die diens te verskaf. Die idee is nie om die standaard-inentingsentrums te vervang nie, maar om druk op dié sentrums te verlig en ʼn fasiliteit beskikbaar te stel wat ook naweke oop is.

“In die donkerste ure het ons mekaar nodig. Dit is onder moeilike omstandighede dat die ware karakter van ons mense getoets word, die werklike vesel van ons samelewing,” sê Gys Joubert, besturende direkteur van Gondwana.

“Ons moet uitreik, so bring asseblief vir Ouma en Oupa of jou kwesbare bure, of miskien jou huishoudster se ouma en oupa. Ons hoop om ʼn klein bydrae te lewer aan die samelewing se helde, soos diegene aan die voorpunt of nooddienswerkers, wat dalk net naweke het om ingeënt te word.”

Diegene wat aan die voorpunt van die pandemie werk, mag voor by die tou inval indien hulle in uniform geklee is of met ʼn amptelike voertuig ry.

“Ons moet nou positief wees. Ons fisieke en geestelike welstand moet in ag geneem word. Dit is hiermee in gedagte dat ons die inentingservaring ʼn positiewe en prettige een wil maak.

“As jy ons oorwerkte amptenare wil help, word ingeënt. As jy ons oorvol hospitale wil help, word ingeënt. As jy lewens en inkomstes wil red, word ingeënt. As jy ʼn beter toekoms vir jou kinders wil hê, word ingeënt,” sê Joubert.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Willem ·

Dís nou ‘n BAKGAT IDEË. Bravo aan al die Namibiërs wat met die ideë vorendag gekom het. Wens ons kon dit in Suid-Afrika doen.

DIABLO ·

BRAVO Namibie. Ek moes Vrydag my skoonma Clicks toe vat in Menlyn. Hulle het elke 45 minute presies 4 mense gespuit. Ek het dit gestaan en “time”. Toe ons eindelik 3 uur die middag in die voorste ry is, word vir ons gese dat hulle ons nie kan help nie, want hulle sluit binnekort. (Clicks sluit 5 uur) plus die boodskap van die regering het bevestig dat ons tussen 7 en 5 daar moet wees. Toe ek hulle daarop wys, toe is ons skielik nie op hulle lys nie. Ek het weereens die regering se boodskap aan hulle gewys. Toe kom die gekerm. Die regering is deurmekaar en hulle kan nie al die voete hanteer nie, ens, ens. Daarop vra ek toe waarom julleself opsit as n Covid inentingstasie as julle nie kan beplan nie, en toe is die vet in die vuur. Lang storie kort. Skoonma het haar inspuiting gekry, maar ons is eers half sewe die aand daar uit. Die swakste diens ooit!!!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.