Omgewingsowerhede in Namibië wat met ʼn groot proses begin het om swartrenosters te onthoring, het reeds drie karkasse opgespoor wat deur stropers agtergelaat is.
“Die proses het ongeveer ʼn maand gelede in afgeleë gebiede begin in ʼn poging om Namibië se swartrenosters van stropers te red,” het Romeo Muyunda, woordvoerder vir die ministerie van omgewingsake, Maandag aan ʼn Sapa-korrespondent gesê. “Daar word vordering gemaak, maar ons is nog nie klaar nie.”
Hy wou nie bekend maak hoeveel swartrenosters reeds onthoring is nie weens die sensitiwiteit van die saak.
Lugspoorspanne het verlede week tydens die proses drie karkasse in die gebied opgemerk terwyl hulle op soek was na verdere renosters wat onthoring moet word. Dit bring die getal gestroopte renosters in Namibië vanjaar tot op 18 te staan. Drie van die 18 was witrenosters wat op ʼn kommersiële plaas geskiet is.
Renosterstropery het sedert 2009 in Namibië toegeneem ná bykans geen voorvalle in ongeveer 10 jaar nie. Altesaam 26 renosters is tot dusver in Namibië gestroop.
Daar is ongeveer 1 800 swartrenosters in Namibië.
Ai, en die laaste sinnetjie, was dit nou nodig? Nou weet die stropers hoeveel hulle nog kan gaan oes.
waar kom sensiwiteit nou vandaan deur die getalle te noem op die einde