Namibië verdedig trofeejag

Namibie

Argieffoto ter illustrasie Foto: Verskaf

Ondanks die toename in veldtogte teen trofeejag wêreldwyd, glo die kabinet van Namibië dat dié praktyk van kardinale belang is vir die land se ekonomie. ’n Verbod teen trofeejag kan tot 15 000 mense werkloos laat, meen Stanley Simataa, minister van inligting en kommunikasietegnologie in Namibië.

Die kabinet wil ’n veldtog van stapel stuur om bewaringsjag en die voordele daarvan vir plaaslike gemeenskappe en die breër omgewing te bevorder.

Simataa het sy kommer teenoor The Namibian uitgespreek oor die gevolge wat die veldtogte teen trofeejag vir die land kan inhou. “Om dié verbod te implementeer, gaan verlies aan inkomste en groter werkloosheid tot gevolg hê. Dit gaan ook ons pogings belemmer om armoede te bekamp ,” het Simataa gesê.

Simataa sê hulle wil ʼn werklik onafhanklike nasie wees wat vir sy burgers kan sorg, “Ons wil nie ’n nasie wees wat bakhand staan nie.”

Die jag van grootwild in Afrika was in 2015 in die kollig toe Walter Palmer, ’n tandarts van Minnesota en ’n ywerige trofeejagter, ’n twaalfjarige leeumannetjie, Cecil, doodgeskiet het. Twee jaar later is Cecil se sesjarige leeuwelpie Xanda buite die Hwange- nasionale park in Zimbabwe ook deur jagters doodgeskiet.

Emmerson Mnangagwa, die president van Zimbabwe, het verlede jaar ’n natuurlewe-beraad van die Verenigde Nasies geopen en ʼn beroep gedoen om die wêreldwye verbod op ivoorhandel op te hef sodat die land $600 miljoen se voorraad olifanttande kan verkoop.

Mnangagwa het gesê die verkoop van olifanttande en renosterhorings sal die land in staat stel om bewaringspogings vir 20 jaar te finansier.

Zimbabwe, Botswana, Namibië en Zambië het almal die groeiende getal olifante in sommige gebiede aangehaal om die verbod te laat verslap, wat baie bewaringsbewustes kwaad gemaak het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

3 Kommentare

jongste oudste gewildste
Smurf

Zimbabwe ..bewaringspoging te finansier……….lmga……dit gaan sakke toe. Tenminste kom SWA agter waaroor jag (nie slagting ) gaan.

Manie

‘n Sesjarige leeu is definitief nie meer ‘n welpie nie. Wanneer sal die groenes dit ooit in hulle koppe kry dat sonder jag/trofeejag, wildgetalle drasties sal afneem aangesien dit nie meer ‘n kommersiële waarde sal hê nie. Wie sal met iets boer wat jy nie kan verkoop nie? Jag/trofeejag moet net eties bedryf word.