Namibië wil jagfoto’s op sosiale media verban

Gemsbok. Argieffoto: Pixabay.com

Die Namibiese regering het besluit om ʼn stokkie te steek voor die plasing van jagfoto’s op sosialemediaplatforms.

Pohamba Shifeta, die Namibiese minister van omgewingsake en toerisme, het Maandag by die bekendstelling van die hersiene nasionale beleid oor konflikbestuur tussen mense en wild gesê die departement is besig om dié Afrika-land se natuurbewaringsordonnansie te wysig om hierdie verbod moontlik te maak.

Volgens Shifeta wil die regering hierdeur die plasing van foto’s van dooie wild op sosiale media verbied en dit moontlik maak om individue wat hulle hieraan skuldig te maak, te straf.

Shifeta het gesê dié regulasie sal van toepassing wees op almal, selfs jagters wat diere met wettige jagpermitte skiet. Volgens die minister skep die plasing van jagfoto’s op sosiale media “ʼn wanvoorstelling” van die jagbedryf in Namibië.

Hoe hierdie kwessie gemonitor en gereguleer gaan word en watter straf oortreders opgelê sal word, is nie tans duidelik nie. Dit is ook nie duidelik of die regulasie van toepassing sal wees op buitelandse jagters wat in Namibië jag nie.

“Jag word volgens die Namibiese grondwet toegelaat. Dit is egter nie moreel korrek om sulke foto’s te publiseer nie. Mense kan enige foto’s neem vir hul privaat gebruik, maar nie om op sosiale media te plaas nie,” het Shifeta gesê.

Die foto van Tess Thompson Talley by die kameelperdbul wat sy geskiet het, het ‘n herrie op sosiale media veroorsaak.

Hy het verder gesê volhoubare gebruik van natuurlike hulpbronne is ʼn grondwetlike voorsiening tot voordeel van Namibiërs. “Ons begin nie net jag nie, die grondwet laat ons toe om op ʼn volhoubare manier te jag.”

Die besluit kom kort ná ʼn herrie wat op sosiale media ontstaan het nadat ʼn foto gedeel is van Tess Thompson Talley (37), ʼn Amerikaanse jagter, wat by ʼn kameelperd staan wat sy verlede jaar in Suid-Afrika geskiet het. Die foto is onlangs deur die webtuiste Africalandpost op Twitter gedeel wat tot ʼn storm om Talley se kop gelei het.

Sy is nie die eerste internasionale vrouejagter wat onder skoot kom oor jagfoto’s op sosiale media nie. Sabrina Corgatelli, ook ʼn Amerikaner, was in Augustus 2015 die ontvanger van ʼn stortvloed kritiek nadat sy ’n kameelperd op ’n plaas buite Phalaborwa gejag en daarmee op Facebook gespog het.

Die Namibiese Professionele Jagtersvereniging (Napha) het Woensdag ʼn memorandum van die regering se voorneme om die regulasie in te stel op hul amptelike Facebook-blad gedeel, maar het nie aangedui of die vereniging die regulasie ondersteun of teenstaan nie. Dié plasing is grootliks met kritiek begroet en jagters het ook in die kommentaarafdeling foto’s van hul jagtogte gedeel.

Maroela Media het Napha om kommentaar genader, maar het ten tyde van publikasie nog geen terugvoer ontvang nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

50 Kommentare

Piet ·

Dis die begin om die jagbedryf geheel en al te stop. Mense sal nie wildsplase teen n verlies wil bedryf nie en net soos in Kenia sal privaat wildsplase tot nuut gaan. Wanneer die regerings nie meer effektief die parke kan beskerm teen stropers, soos tans die geval is in die kruger park, sal diere net op poskaarte bly voortbestaan. Die groenes moet krediet daarvoor dat daar bykans geen privaat bewaring in die res van Afrika bestaan nie. Die verniettiging van die natuur in die Kongo kan b.v nie slegs aan die burger oorlog toegeskryf word nie. As uit die bewaring (professionele jag) van diere daar n bestaan gemaak kon maak, was die bongo, okapie en giant sable nog volop gewees.

marous ·

Heeltemal korrek . Sosiale media het gek geraak. As ek wettig iets beoefen het diegene wat nie daarvan hou nie die reg om klippe te gooi. Ek hou niks van sneeu ski nie want die mense vertrap die pragtige vlokkies waarvan elk uniek is . Ook nie van mense wat op die strand loop nie want hulle vernietig die mikro organismes. Ook nie van mense wat tuin maak nie want hulle maak die erwurms seer en die gras huil as dit gesny word. Ook nie mense wat perd ry nie want dit is wreed om ‘n dier te belaai. Ook nie van mense wat vlieg nie want die uitlaat gasse wat rondhang laat die vlermuise hoes . As enige fotos van die aktiwiteite geplaas word moet die mense die gevolge dra ….

Yster ·

Nee wat daar is oorgenoeg mense wat sal betaal om die diere te sien , nie nodig om net voor die voet dood te maak nie. En niemand het met jag ‘n problem nie is met die doodmaak vir plesier waar die problem kom .

Jacques ·

Sjoe, ou Yster, dis darem n mooi gedagte, maar ek dink jy moet terug keer na die realiteit.
Hoeveel wildplase waar jy net wild mag besigtig kan daar dan nou wees wat volhoubaar is.
Hoe gaan jy die lewens siklus bestuur van ou /siek/ probleem diere of die oormaat van n sekere spesie. Moet hulle maar vrek in die veld of lewendig verskeur word deur ander roofdiere.
Die lewe is maar wreed ou pel, maar trofee jag gee aan die spesie n ekonomiese waarde wat sy voortbestaan verseker..

Lag maar ·

Hoe stop dit die jagbedryf? Niks keer jou om n dier dood te maak nie. Moet net nie jou foto’s op FB sit nie.

Chrisjan ·

Verstaan ek reg? Jy kan jag soveel jy wil (met n wettige lisensie natuurlik – dit is dus heeltemal aanvaarbaar), maar die foto’s daarvan mag net nie op sosiale media vertoon word nie. Wie bluf nou vir wie?

Jacques ·

Ja. Hulle wil tog net nie die linkse emosionele liberale se hartjies seer maak nie…belaglik.

Dus trofee jag is ‘n skande en ‘n euwel? ·

Hoekom will hulle dit verbied? Wat wil hulle wegsteek? Die wêreld sal wel en het reeds gesien sien watse euwel trofee jag is. Dit gaan oor geld. Geld en klatergoud. En ‘n onversadigbare drang om mag en om te beheer en te heers – deur dood te maak.

Anita Schoeman ·

Ek dink dis n baie belangrike positiewe besluit en ondersteun die gedagte uit my hart uit.

TDW ·

Ek dink dit sal ‘n goeie idee wees vir mense om van vandag af hul eie hoenders, skape en beeste te slag vir die vleis wat hulle wil eet. As jy dit nie kan doen nie moet jy ophou vleis eet. Vleis kom nie van pakkies nie. As jag so erg is vir mense moet hulle liewerster ophou vleis eet. Anders noem ons dit hipokrities. Mense jag nog altyd. Die grootste praters is gewoonlik die wat hul Sondag skaapboud die meeste geniet.

yster ·

AAAAAAg kom nou . raak julle nie vervelig met die ou vleis eet storie nie…. hoekom wil jy so graag n foto neem,??? wys jy is n man…..

Eric ·

Yster. Plaas niemand fotos op sosiale media as hulle op vakansie is nie. Dis n wegbreek en n sport. So geen fotos van jou ou bloeitjie se rugby moet meer toegelaat word nie, en geen vakansie fotos nie. Mense is besig om belaglik te raak want als wat bestaan maak inbraak op hulle idee van die lewe en ontstel hulle tot op die punt dat jy ‘n “trigger warning” op al wat ‘n produk is moet sit. En ek sal dit verder vat as vleis eet. Gaan bly in ‘n modder hut en dra diere velle en loop waar jy wil wees. Huise, paaie, uitlaatgasse, toiletpapier maak meer skade aan die wereld en julle ou groenes spring op en af as daar ‘n dier geskiet word.

Anita Schoeman ·

Jag trofee moes lankal gestop het en ek hoop die regering kan dit stop. Dis nie n goue lepel in die mond werd nie. Dis n skande dat dit toegelaat word om om jouself te laat poseer met die asof alledaags is.

Edd ·

Een jag uitstapie bring meer geld vir natuur bewaring as wat jy vir die volgende vyf gan kan gee deur een of ander reservaat te besoek.

is nie ·

Dit is snaaks dat alle sportsoorte wat blanke mense doen in Afrika lande gestop word.
Was dit dalk n swart vrou wat in die jagfoto gesit het, dan was daar geen probleem nie…..

M'Lady ·

Daar is soveel korrupsie en onetiese praktyke in die jagbedryf. Dis net n manier van die Namibiese regering om dit onder die mat in te vee. Soos hulle se : “Out of sight, out of mind.”

Skaapboud en patats vs ‘n Gebalsemde Opgestopte Leeukop ·

Trofee jag gaan nie oor kos nie. Nie alle mense erken trofee jag as ‘n sogenaamde sportsoort nie.

Trofee jag gaan oor bravado, mag en geld.

Trofee jag gaan oor arrogansie.

ferdi ·

Plasing van fotos van jou en jou wild wat jy geskiet het hou dit vir jouself dis niks om op trots te wees ni.

Tommie ·

Plasing van foto’s van jou kinders kan jy ook vir jouself hou. Kinders is niks om op trots te wees nie.

Koos ·

Julle weet natuurlik dat die trofee die oudste diere is wat reeds uit die trop gaskop is en dan nou maar ‘n stadige dood sterf oor daar geen tanden oor is om gras of blare te eet nie. Of word die prooi van ‘n roofdier.

Deur eerder die “trofee” dier te jag en nie ‘n jonger een nie is eintlik dan baie meer “menslik”.

Die mense met negatiewe kommentaar en al die “groenies” doen soveel skade – net soos ek wat nie ‘n mediene dokter is nie, jou nou wil kom vertel wat fout is omdat ek ietsie op die internet gelees het.

Etiese jagters los spore in die veld en bring die ou diere (julle sogenaamde trofees) huis toe vir vleis terwyl hulle deur hulle fondse die diere se voortbestaan verseker!

Penellope Jones ·

Moenie Net die foto’s verban nie, verban die gejag op hierdie pragtige diere.

Koos ·

Jy kan dit maar glo of nie, maar jag het n baie groot invloed opdie voorbetaan van wilde diere, daar is baie min boere wat wilde diere op hulle plaas gaan aanhou as hy nie n inkomste uit dit kan genereer nie, hulle sal eerder als uitvang of dood skiet en met iets boer wat vir hulle n inkomste kan genereer. Gaan lees maar op oor die lande wat jag gestop het! Daar sal ook duisende mense sonder werk sit wat by geweer winkels werk, gidse, plaas werkers, mense wat jag klere, toerusting,gewere, ammunisie, herlaai toerusting ens vervaardig! Net om n paar te noem! So dink daar aan voor jy te vinnig praat

Vissie ·

Wat maak ‘n kameelperd meer belangrik as ‘n rooibok of daai hoender of bees wat jy vanaand eet. Die vleis van daai dier word nie gemors nie maar wel gebruik. Wie gee jou die reg om te besluit watse diere is belangriker as ander. Hoop ook nie jy gooi gif uit vir miere of muise en rotte nie want dit is ook diere wat jy dan dood.

Jacques ·

Wat die liberale linkse mensies wat met hul emosies op hol gaan en nie reguit en objektief oor die onderwerp kan dink nie besef nie is dat sonder hierdie bedryf (trofee jag sowel as vleis jag) n ekonomiese waarde aan die spesies gee en so verseker dat hulle voort bestaan sowel as die ekonomie stimuleer. Taking one for the team beteken beslis iets hier.
Omdat n sekere groepe nie hou van, en hul eie opinie en wil op ander probeer afdwing moet dit nou skielik “oneties” verklaar word.
So as jy hou van jou plantjies dood maak en slaai vreet doen dit. Ek meng nie in jou slaai in nie.
Nou weet ek nie…as jy nie mag poseer met jou sukses in die jag want dit is “oneties”, hoe is die jag self dan eties? Dubbele standaarde?
Jy mag dan seker ook nie met jou kampioen vis poseer wat jy later gaan braai…die see word immera geplunder en een van die dae is daar seker geen vis..
Hoop nie julle eet vis..dis “oneties”

empatie ·

Dankie Namibie ek hoop SA volg die voorbeeld. Daar is redelike mense wat geen behoefte om ‘n koerant oop te maak en ‘n jagter met sy ‘kill’ te sien nie. Hou dit vir jouself. Hoe ‘n dooie dier enigsins dit verdien om vertoon te word maak net nie sin nie.

1+1 ·

Hoe ouer ‘n mens word hoe meer begin ek voel soos jy. Ek hoop net nie dat daar boere is wat nou hulle diere gaan begin uitdun om op te maak vir die verlies wat hulle gaan ly nie. Dieselfde kan gebeur met die onteieningstorie in SA.

Pieter h ·

Bunny huggers en groenes soos Anita en kie is nie oortuigbaar dat jag insluitend trofeejag positief is tov bewaring nie. Hulle is subjektief om een of ander genetiese of omgewings rede. Misleiding kan nie n verskoning of rede weesm Bly blind vir die waarheid. Ek persoonlik hou nie van trofeejag nie maar ingeligde mense weet dat dit wel n groot bydrae tov spesie bewaring maak.

Trofeejag is oneties ·

Met iemand te trou net omdat sy ‘n dier dood geskiet het???

Ek klap definitief nie hande vir trofee jagters nie. Dit is ‘n skande om diere dood te skiet vir die pret en dan Manhaftig te poseer vir ‘n fototjie.

pieterh ·

Nog n bunny hugger lyk my jou emosies oorheers ook jou logika. Ek gaan nie eens probeer om met jou te redeneer nie. PS . Meeste jagters is uitstaande skuts en paraat omdat hulle hulle wapens ken. Lees meer oor die groot prentjie oor jag en bewaring.

Maggie ·

ek is trots op die bokke wat ek skiet en sal aanhou om die foto’s te plaas.. Die vleis word vir die gemeenskap gegee.. julle mense weet nie waarvan julle praat nie, maar stap vanaand by Checkers in en gaan koop ‘n steak.. Skeinheilig. Soos Jacques sê, dan moet alle visvang foto’s ook verban word. Pure belagligkeid

Lag maar ·

Ok Maggie. Sê my een ding. Hoekom is jy trots op die dier wat jy doodgemaak het? Ja die vleis gaan na mense, ja dit bring geld vir beskerming van die natuur ens. Maar hoekom trots wees om n lewe te neem en n foto te plaas waar die dier dood en bebloed is? Vertel my waar kom die trots vandaan?

trotse jagter ·

Lag Maar – jy het seker nog nooit iets gejag nie. So jy sal dit nie kan verstaan nie. Ek het ook fotos waar ek al wild geskiet het. As deel van prakties op universiteit moes ons in ‘n abattoir gaan werk. Dit was skokkend om te sien hoe baie skape hulle in so ‘n kort tydjie kan doodmaak. Die oorweldigende reuk van bloed maak jou naar. En dit is hoekom ek ‘n trotse jagter is. Ek skiet ‘n rooibok wat rustig staan en wei. Hy het nooit geweet wat kom. Hy het sy hele lewe vry buite rond geloop. Ek doen dit honderd maal voor ek iets in ‘n slagpale skok en keelaf sny. En dan neem ek ‘n foto want ek het 10km plus gestap om hom te ‘walk and stalk’, ek het ook ure spandeer om seker te maak ek skiet akkuraat en hy word nie gekwes nie. OM TE JAG IS NIE MAKLIK NIE, DIT IS ‘N KUNS EN DIT IS HOEKOM EK TROTS IS OP MY DOOIE BOK.

Bravo! ·

Dankie aan my lokale supermark waar ek bly wat alle tydskrifte wat jag bevorder afgehaal het van die tydskrif rakkke nadat verskeie mense daaroor gekla het. Bravo! aan hierdie supermark .

Harry ·

Almal wat kla, hou dadelik op om vleis te eet, en smyt weg al jul leerprodukte soos beursies, handsakke, belde/gordels, sitkamerstelle, luukse motorssitplekke! Gaan kyk op die slagpale/abbotoirs hoe hulle diere ophang en dood – selfs die te groot/te klein hoenders word in die afvalhouers lewend gegooi om later te versmoor. Los eerder ons etiese jagters uit wat graag ons wildsvleis en biltong wil eet en hard werk om die wild te voet te jag en die dier spaar wat andersins eendag ‘n wrede jakkalsdood sou sterf. Die troffee is ons beste herinnering van daardie belewenis in die natuur…

Doemprofeet ·

Die besluit van die Namibiese Regering, sal die “Reg op Vryheid van Spraak” beperk, dit is nou, as Namibie dit ooit gehad het – ek weet nie.
Voorts, hoe lank gaan dit nog wees voor die “Reg op Vryheid van Spraak” onder die ‘Haatspraak” beginsel, beperk gaan word?
Insgelyks, hoe lank gaan dit nog wees voor “Vryheid van Geloof” (veral Christenskap as ek so na Europa kyk) jou ontneem gaan word en as “Haatspraak” geklassifiseer gaan word? Wereldwyd word “Vryheid van Spraak” mense alhoemeer ontneem word.

Bridget ·

Hoe kry ‘n mens dit reg om diere te skiet veral ‘n kameelperd dan poseer jy nog vir ‘n foto ek eet vleis maar sal soweer nie ‘n dier kan skiet en daarna eet nie. Shame die arme ou kameelperd

pieter h ·

My huis is vol diere koppe (almal eetbare spesies) netjies opgestop en raai wat ek het hulle almal self eties gejag en het nie een spesifiek vir sy horinglengte gejag nie. Ek het hulle almal self afgeslag en al die vleis self bewerk in biltong wors maalvleis ens. My familie het lekker saam gesmul en nou is ek besig om die jagkultuur aan my kleinseuns oor te dra. O ja en het n bord ook waarop my jagfotos pryk. Laastens was ek nog nooit in enige hof vir enige misdaad nie en het ook nie slagte skuld nie. Sal bly wees om kommentaar van nog groenes en sussies te hoor.

Marien ·

Doemprofeet, ons inNamibia het nog vryheid van spraak en vryheid van media. En ja ons president en ministers open nog die parlement met gebed en ons minister lei gereeld gebeds aksies op stadions wat deur honderde mense bygewoon word. Godsdiens is nog by hulle ‘n prioriteit. Wou maar net se.

In die Begin ·

Ek dink mense het meestal nie ‘n probleem met jag nie, maar met trofee jag. Bygesê, die debat rondom jag is kompleks. Dood was nie deel van ons oorspronklike landskap wat God geskep het nie. Maar agv sonde, het dood ingekom en is dit nou “normaal”. Oorspronklik het selfs diere nie mekaar geëet nie. Maar in die konsep van ‘n gebroke wêreld pronk mense in hul selfies langs hul “trofees”. Vir my persoonlik is dit regtig onnosel.
Romeine 8:21,22 pwl Bybel”..dat ook die skepping vrygemaak sal word van die slawerny van vernietiging tot die vryheid van die gemanifisteerde teenwoordigheid van God saam met die kinders van God, want ons weet dat alles wat geskep is kreun en in geboortepyn is tot nou toe”

Daar is al ook navorsing gedoen wat wys dat, ten spyte van wat almal geleer is om te glo, dat trofee jag nie soveel ekonomiese waarde het soos bv die toerisme bedryf, in terme van die natuur, nie.

Ps. Gaan lees bietjie op oor hoe min kameelperde oor is in die wild..
Nou ja, “go preach the Gospel to ALL creation”!

Jacques ·

Ai tog..In die begin….
So jy beweer God het plantvreters en vleisvreters geskape wat rondgeloop het en wat gevreet het om hulself te onderhou en energie te verskaf?
Miskien moet jy nie als uit daardie boek (Genesis) so letterlik opvat?
Nietemin is ons aangestel om verantwoordelik oor die skepping te heers/bestuur en as hulle n paaslam kon slag en offer uit die geslag van Dawid, wie is wie nou om te beweer hoe verkeerd dit is om n onskuldige dier te dood?

Oop oge ·

…en wat van Genesis 9 :1-6 ?
Alle diere sluite alle spesies van alle grotes in.
Solank as wat enige dier as voedsel gebruik word is die wyse waarop dit verkry word nie ter sprake nie….en selfs waar `n dier `n mens doodmaak, sal die dier vernietig word ….
Diere is dus ook gegee om gebruik te word as werktuie tot hulp vir die mens, daarom dat hulle die vermoë gegee is om te kan opdragte aanleer en uitvoer.
1. God het die eerste lam geslag via Abel
2. Abraham het `n lam geslag vir Malgisedek (God)
3. God se opdrag aan die mens – voor Sy kruisiging – was om jong diere te offer volgens Sy voorskrif – en dan te eet as `n liefdesoffer aan Hom.
4. Die Here Jesus het op `n donkie vul gery en nie op `n opgeleide perd nie.
Al hierdie handelinge van God weerspreek die mens se sogenaamde “diereregte” en dui direk op die mens se aanbidding van diere i.p.v God self.

In Alaska (o.a) word honde gebruik op slees met swaar vragte op die sneeu te trek (sonder wol hanskoene en baleklawas) en as `n hond uitgedien is word dit uit die lewe “gehelp”. Dieselfde met Olifante en Ape in Asiatiese lande … inteenstelling met moderne Westerse lande waar honde opge”dress” word en op `n pedestal gesit word voor die TV en beter kos gevoer as die gemiddelde landsburgers wat in armoede swaarkry.

…en so sal elkeen verantwoording moet doen teenoor God en Sy Woord ….

Oop oge ·

…en wat van Genesis 9 :1-6 ?
Alle diere sluite alle spesies van alle grotes in.
Solank as wat enige dier as voedsel gebruik word is die wyse waarop dit verkry word nie ter sprake nie….en selfs waar `n dier `n mens doodmaak, sal die dier vernietig word ….
Diere is dus ook gegee om gebruik te word as werktuie tot hulp vir die mens, daarom dat hulle die vermoë gegee is om te kan opdragte aanleer en uitvoer.
1. God het die eerste lam geslag via Abel
2. Abraham het `n lam geslag vir Malgisedek (God)
3. God se opdrag aan die mens – voor Sy kruisiging – was om jong diere te offer volgens Sy voorskrif – en dan te eet as `n liefdesoffer aan Hom.
4. Die Here Jesus het op `n donkie vul gery en nie op `n opgeleide perd nie.
Al hierdie handelinge van God weerspreek die mens se sogenaamde “diereregte” en dui direk op die mens se aanbidding van diere i.p.v God self.

In Alaska (o.a) word honde gebruik op slees met swaar vragte op die sneeu te trek (sonder wol hanskoene en baleklawas) en as `n hond uitgedien is word dit uit die lewe “gehelp”. Dieselfde met Olifante en Ape in Asiatiese lande … inteenstelling met moderne Westerse lande waar honde opge”dress” word en op `n pedestal gesit word voor die TV en beter kos gevoer as die gemiddelde landsburgers wat in armoede swaarkry.

…en so sal elkeen verantwoording doen teenoor God.

Pieter ·

En hoe gaan die Namibiese regering bewys dat die foto in Namibië geneem is? Daar is dele wat net soos SA se bosveld lyk. Al wat die jagter moet doen, is om te lieg.

Vryheid van spraak ·

Jy beweeg op dun ys as jy iets wil verbied net omdat jy nie daarvan hou nie. Mense hou nie van jag nie, so hulle wil jag verbied. Ander mense hou nie van Die Stem nie, so hulle wil dit verbied. Nog ander mense hou nie van ‘n sekere godsdiens, taal of seksuele oortuiging nie, so hulle wil dit verbied. As ons so aangaan, kan alles eintlik verbied word, want daar sal altyd n oorsensitiewe siel wees wat nie van iets hou nie.

tree hugger ·

Weer ‘n tree hugger in ‘n groot pos wat sy stempel wil afdruk en onthou wil word.

Johan ·

Hoe kan mens met ‘n geweer ingaan en ‘n onskuldige dier eenvoudig so afmaai? Dit is niks braaf nie! Niks om oor trots te wees om ‘n dier met ‘n geweer te skiet nie. As jy die vleis ook nie eers eet nie is dit ‘n helse skande en ‘n kameelperd eet mens nie. Jy is nie braaf nie, jy is ‘n lafhaard!!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.