Namibië wil vernederende babaname verban

Argieffoto (repeatcrafterme.com)

Argieffoto (repeatcrafterme.com)

ʼn Namibiese gebruik om babas vernederende name soos “shame on you” te gee kan dalk binnekort iets van die verlede wees.

Peya Mushelenga, adjunkminister van buitelandse sake, het aan AFP gesê hy wil die gebruik deur wraaksugtige pa’s om hulle kinders name soos “Ndalipo” (I was there) te gee, wettiglik verbied. Die tipe name is algemeen onder Namibië se Aawambo-stam.

“Pa’s kan nie babaname gebruik om wraak te neem op die ma’s nie,” het Mushelenga gesê. “’n Kind se naam het ʼn emosionele en sielkundige effek op die kind wat die res van sy lewe die naam moet saamdra.”

Talle wêreldlande het beperkings rakende toelaatbare kindername. Namibië se wetshervorming- en ontwikkelingskommissie beplan om ʼn aanlynpeiling te doen om te help besluit of die land dieselfde paadjie moet loop.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Demokraat ·

Hoop net hulle verbied ook vernoemings soos Mugabe, Biko, Mao, Lenin, Fidel en Hugo Chaves – nie een van hulle werklik ‘n wêreldleier nie.

Elizabeth ·

Ja-nee kyk, party name is lagwekkend en party sommer net totaal onvanpas. Ek dink aan Apple, die dogter van Gwyneth Paltrow – sy gaan sekerlik baie terg moet verduur. Are you a Granny Smith or Top Red or maybe Golden Delicious? Dan dink ek aan iemand wat my nou die dag in ‘n winkel bedien het – ene Sweetness maar sy was so suur en onbeskof. Daar was eenkeer ‘n Honesty wat by ‘n vriendin gewerk het maar sy was toe nie so eerlik nie – die kinders se klere wat in puik toestand was maar ontgroei is, en sy gebêre het, die het so bietjie verdwyn! So kan ek aangaan oor Beauty wat bietjie onooglik was (dalk was sy mooi as baba!) en Gift wie se ma hom so verwaarloos het dat hy na ‘n kinderhuis moes gaan – blykbaar toe nie so welkome geskenk nie…

EMK ·

Het julle geweet die sangeres Gwen Stefani (sy is op The Voice ‘n beoordeelaar en deel van die groep No Doubt) se seun se een naam is ZUMA!! Ek wonder of sy weet sy het hom na een van die grootste leuenaars en skelms vernoem!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.