ʼn 78-jarige man van Swakopmund in Namibië is Vrydag wreedaardig in sy huis vermoor.
Volgens die Namib Times het die polisie die man se liggaam in ʼn buitekamer aangetref ná ʼn anonieme wenk.
Volgens adjunkkommissaris Erastus Likuyu, misdaadondersoeke-koördineerder, was die man met elektriese kabels vasgebind en is vermoedelik met ʼn baksteen doodgeslaan.
Likuyu sê ʼn saak van huisbraak en moord word ondersoek.
“ʼn Selfoon en ʼn skootrekenaar is in die voorval gesteel. Die verdagtes het met die kluis gepeuter, maar kon dit oënskynlik nie oopkry nie,” sê hy.
Niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie. Likuyu het bejaardes in die omgewing gewaarsku om waaksaam te wees aangesien ʼn bejaarde vrou twee weke gelede in dieselfde omgewing ook vermoor is.
Die man is nog nie geïdentifiseer nie. ʼn Ondersoek na die voorval duur voort.
Gaan net aan en aan… nou ook in Namibië… wens die wat sulke dade wil doen moet net morsdood neer val…
Vieslike Suid Afrikaanse maniere smeer nou op die bure ook af..
Hy is nog nie geidentifiseer nie maar dit word geweet dat hy 78 jaar oud is.
Verdagte is gevang binne 24 uur. Dis die tweede voorval in Swakopmund…vorige geval se 3 verdagtes is ook gevang. Dis die verskil tussen Namibia en SA. Ons polisie werk saam met die gemeenskap op sulke skuldiges aan te keer. Het vandag ‘n vergadering saam met die polisie, munisipaliteit en buurtwag gehad. Boodskap duidelik sulke goed gaan nie in Swakop geduld word nie.
Geen politieke party of regeringsorganisasie of DA of Afriforum gaan hierdie sinnelose plaasaanvalle en rassehaat teen ons blankes kan oplos nie. Dit het tyd geword dat ons blankes moet gaan sit en n dinkskrum hou. Baie van ons is alteeds ontwapen deur wetgewing. Hoop nie die wat hier comment is met dieselfde trick gevang nie. Herbewapening is n begin, en die wat dink, ag dit sal nooit met my gebeur nie, sorry vir jou- jy het al my simpatie. VF+ sit ook net en blaf wind daar in n klein hoekie.
Devil, en wat wil jy hê moet die VF+ doen? Hoekom doen jy nie iets nie?
Nee Vennessa
Die verskil in Namibia is dat ons mens oor alle kleurgrense heen duld nie sulke aanvalle nie, almal is dit eens dat hierdie kriminele vir baie baie baie lank agter tralies moet bly. Maar ongelukking vaal ons regstelsel ons, kriminele word te gou op borg vrygelaat selfs al oortree hulle 100x.