Namibiese boer uit op borgtog

Argieffoto bloot ter illustrasie. (Foto: Anja van der Merwe)

Marieta Wilhelm, die boer van Namibië wat van moord aangekla word nadat ’n aanvaller verlede maand op haar plaas dood is, is op borgtog vrygelaat.

Jan Wessels, Wilhelm se regsverteenwoordiger, het Dinsdagmiddag aan Maroela Media gesê borgtog van 10 000 Namibiese dollar (sowat R9 700) is in die landdroshof in Grootfontein aan Wilhelm toegestaan.

“Dit was nie ’n lang uitgerekte aansoek nie. Die staat het eindelik handdoek ingegooi [en nie borgtog teengestaan nie].”

Wilhelm is intussen uit aanhouding vrygelaat. Wessels sê sy kliënt is getraumatiseer weens die aanval en haar gevolglike aanhouding.

Sy sal nou mediese behandeling ontvang hoewel dit nie nodig sal wees dat sy in die hospitaal opgeneem word nie, sê Wessels.

Wilhelm is verlede maand in hegtenis geneem kort nadat sy glo uit noodweer ’n aanvaller op haar plaas in die Maroelaboom-distrik geskiet en met sy eie wapen bygedam het.

Wilhelm het glo die betrokke nag wakker geskrik van ’n geluid. Sy is na buite om ondersoek in te stel en is deur ’n aanvaller oorrompel.

Die aanvaller het Wilhelm na bewering met ’n stomp voorwerp oor haar kop geslaan. Wessels het vroeër vertel dat bloed in dié stadium oor sy kliënt se gesig gestroom het. Sy het haar vuurwapen byderhand gehad en “blindelings” skote afgevuur.

Een van dié skote het die aanvaller getref. Die aanvaller het Wilhelm daarna glo met ’n hamer bestorm. “Die verdagte was vermoedelik toe swak weens die skietwond en sy kon die hamer by hom afneem,” het Wessels verlede week by navraag vertel.

Wilhelm het die aanvaller glo ’n hou met die hamer toegedien. Dié is op die toneel dood.

Wilhelm sal na verwagting in Mei weer in die hof in Grootfontein verskyn.

Lees Maroela Media se vorige berig oor die saak hier.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

popsa ·

Baie sterkte, dapper Tannie! Ons staan agter Tannie en ons bid.

Gert ·

Goed gedoen nog ‘n krimineel minder. Net jammer van die onregverdige behandeling

JohanEtz ·

Maroel Media – julle mag julle nie melding maak dat die Suid-Afrikaanse publiek haar ondersteun en finansieël bygestaan het en nog gáán bystaan nie?
Welgedaan Willem Petzer en Kie!

Leana ·

Daar spring jy my voor met Willem Petzer.

Baie dankie aan Willem Petzer en almal wat gehelp het met die tannie se saak sover.

Renier ·

Ry hulle vir baie geld my Tannie. Dit is blatante rassistiese optrede.

Annelie ·

Stem saam. Hoe langer hulle aan bewind bly hoe meer rassisties raak hulle.

Mallie ·

Sy is n yster. Dagvaar die staat nou vir mediese onkostes.

Lillian ·

Vrou alleen, dam sy ‘n booswig by wat daar is hom haar te vermoor, en sy sit vir 2 weke in die tronk sonder om borg te kry? Rassisme in NAM is net so werklikheid soos hier by ons.

Nico ·

Hoe kan sy aangekla word van moord as alles wys dat sy uit selfverdediging geskiet het terwyl haar gesig vol bloed was, nog het die aanvaller gekom met ‘n hamer. Is die Namibiese regering dan net vir die swartes.

Sheree ·

Wonderlike nuus! Het gister gelees toe Willem Petzer die nuus gedeel het. So bly die tannie het borg gekry.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.