Namibiese ruimteman kritiek ná hartaanval

Dr. Japie van Zyl (Foto: NMMU)

Die Namibiese ruimteman dr. Japie van Zyl is in ʼn kritieke toestand in ʼn hospitaal in die Amerikaanse deelstaat Kalifornië nadat hy ʼn hartaanval gehad het.

Van Zyl (63) is ’n Namibiese boorling en het onlangs uitgetree by die internasionale ruimtemaatskappy Nasa JPL in Pasadena, Kalifornië. Maroela Media het in Mei vanjaar berig Van Zyl is betrokke by ’n span kenners wat werk aan ’n toestel wat pasiënte binne minute vir Covid-19 kan toets.

Ben van Zyl, Japie se broer, het Dinsdag aan Maroela Media gesê sy broer het Maandag gaan draf, waarna hy in sy oprit voor sy huis in Pasadena inmekaargesak het. Van Zyl is sedertdien in ʼn koma in die waakeenheid van ʼn hospitaal in dié stad, noordoos van Los Angeles.

“Die volgende 24 uur is van kritieke belang,” het hy gesê.

Volgens Ben het sy broer se vrou, Kalfie, haar man Maandagaand in die hospitaal besoek. Sy mag hom egter nie meer besoek nie as gevolg van die regulasies wat gepaardgaan met Covid-19.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Adam Adriaan ·

Baie jammer om dit te hoor. hy het nog sowat ‘n Sondag of twee terug op RSG se sterre en planete gepraat. Sterkte vir jou. Bid dat jy volkome sal herstel. Sterkte vir die familie

Kokerboom ·

Baie sterkte aan ‘n uitsonderlike man. Mag GOD SY hand van genesing oor jou hou. Baie sterkte aan sy familie daar en hier in Namibië

AH ·

Ek wonder ook oor die af duimpies – dit is uiterse swak smaak en nie iets wat ek op Maroela Media se kommentare verwag het nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.